2010
04.30

Die onlangse wreedaardige moord op Eugene Terre’Blanche het opnuut die besef maak posvat onder Afrikaners dat “iets” gedoen moet word aan beide die veiligheidsituasie in die land, asook Afrikaners se gebrek aan organisasie. Ons sit met ‘n swetterjoel organisasies, elke haantjie op sy eie mishoop, want elke ou wil die leier wees en elkeen hou nie van sy opponent se organisasie nie. Ons het derduisende generaals en kommandante maar geen skutters nie.

Lees die volledige dokument met my gedates oor ‘n volksraad en beveiliging asseblief hier – dit bevat formattering wat nie lekker werk op die blog nie.

2010
04.30

‘n Mening van ‘n kommentator op my blog

(Die volgende bydrae kom van een van die kommentators op my blog en die menings daarin vervat is nie noodwendig my eie nie – Anton.)

Dankie vir die geleentheid en uitnodiging. Dit is voorwaar ‘n riem onder die hart dat dit wel gerig was. Ek sou egter van mening gewees het dat jy ten volle instaat sou wees om my e-pos adres te kon naspeur of ten minste my IP adres. Ek het my egter misgis. Ek het veralgemeen – sien. Dit opsig self was ‘n fatale fout aan my kant. Dit is nie alle ouens wat hulle rekenaars in die opsig onderhou nie. Ek doen dit ook nie so moenie bekommerd wees nie. Daar is wel ander wat dit doen!

Wil jy en al jou lesers werklik my persoonlike opinie in die verband aan hoor? Ek glo opreg dat dit geen aan klank by 99.9% van jou lesers sal vind nie.

Sien, wat ek met jou kon regkry is ons veronderstel om met die hele volk te kon doen. Dit is egter nie so maklik nie. Dit is juis bewyse van afkrakery en beledigings wat ons dryf om meer vervreemd van mekaar te raak. Ons wil tog nie betrokke wees nie. Die Afrikaner is nie so nie! Hoe kan ons met daardie assoieer word!

As ons mekaar dan die koue skouer gee, wat bly oor? Niks my vriend, behalwe dat jy in jou diep binneste wonder wanneer ek die slagofdfer gaan word? Hierdie ingekeerde houding en vrees van die Afrikaner moet eers totaal afgebreek word! Ons moet naak voor mekaar staan. Gelyk gemaak deur ‘n gemeenskaplike vyand, wat erken kan word as die vyand. Die revolusie is nie iets van die verlede nie. Let op – hier is nie ras gekoppel nie! Daardie status vlakke wat byna onoorbruglik tussen volksgenote staan sal altyd ‘n steen des aanstoot wees.
Solank ek nog so ‘n biedjie kan kruip om myself te kan handhaaf, solank ek nog ‘n pennie iewers kan uitwurg, solank ek die slagoffers miskyk (lewend en dood), solank sal daar geblaf word. Solank daar “bekeerlinge” onder die volk rondloop met hulle bydra tot die val van apartheid op die mou te koop so lank sal dit neem om die Afrikaner se beeld te verander. Dit is sulke dinge wat die gemiddelde ou se brein nie mooi kan verwerk nie. Waar kies hy om reg te kies? As skrywer behoort jy te weet hoe almal alles vir soetkoek opvreet. Die ou wat gese het die pen is magtiger as die swaar het begin met breinspoeling. Dit is nie almal wat buite die boks kan lees nie! Die pen is die magtigste verdraaier van die waarheid.

Die Afrikaner slagoffer wat sy werk verloor het weens regstellende aksie is nie bekommered oor die volgende ou se gruwelike dood nie! Hy is meer bekommerd oor die volgende bord kos. Die ou wat in ‘n veiligheidskompleks sit dink selde in dien ooit aan die mede Afrikaner se leiding. Sy ingesteldheid is totaal anders.

Die plaasboer is meer bekommered oor sy stukkie grond wat by hom af gevat sal word as wat hy enigsins om gee wat met die res van die wereld gebeur. O, ja dan word plaasaanvalle aan die grootklok gehang. Ek sou dink dat jou blog se naam impliseer dat jy sou kon bewys dat die aanvalle op die totale Afrikanerdom inderdaad op volksmoord neerkom en dat plaasaanvalle maar ‘n klein fraksie van die werklike prentjie is. Die media is so selektief om die werklikheid te weerhou dat niks na iets lyk nie. Ag wat is al die moorde en verkragtings in dorpe en stede belangriker as ‘n plaasmoord? Dit haal dan nie eers meer die koerant nie! Ons huigel, man!
Ek daag jou uit om die volgende te doen:

Trek jou oudste en vrotste klere aan en besoek ‘n privaat doketer. Ek waarborg jou daardie ou se verstand gaan staan stil as hy enigsins onder die indruk kom dat jy hom nie sal kan betaal nie. Hy stuur jou na ‘n staatshospitaal. Jy kon geen bydra lewer tot sy volgende jagekskursie nie.

Doen dit met enige ander Afrikaner in ‘n professionele beroep en sien hoe die deure vir jou toeklap.
Ek gee my tiende, ek gee skenkings wat ek teen belasting vehaal, solank ek net nie verloor nie. Dan boonop sal ek BEE en AA en wat nog, solank die pennies kom! Moet my tog net nie meer vra of meer van my wegvat nie!
Dit is wat die Afrikaner geword het! ‘n Sleg wereldburger!

Geen politieke bestel gaan dit verander nie! Geen kritiek gaan dit verander nie. Geen beeld poetsery gaan dit verander nie.

Vra jou mede Afrikaners om summier uit die ekonomie en ander fasette van die huidige samelewing te ontrek. Sal hulle? Ek twyfel sterk! Hulle is nie nou bereid om enige offer te bring nie, sal hulle dit ooit doen?
Elkeen van ons, ek en jy en jou lesers loop ‘n smeltkroes binne. Ons sal van alles gestroop word. Grond- sowel as eiendomsbesit. Werk en bankrekenings, ja alles. Niks menslik sal dit stop nie! Die revolusie is aan die rol! Of ons in massa lewend daarvan sal afkom betwyfel ek.

As ons hierna dan gelyk staan, sal die Afrikaner vir die eerste keer met die korrekte motief kan optree! Daar bestaan geen aanduiding dat die Afrikaner saamkom met die korrekte motief nie! Ons wil beskermingsbendes stig en self poliseer en wat de drommel alles nie! Wat is dit anders as die AWB sonder die 777? Solank die informante netwerk nie afgebreek word nie solank sal selfs so ‘n opsie nie werk nie! Dit kan egter nie. As ek Saterdae gras moet sny en wasgoed was en stryk wanner sal ek kan rugby speel van die leunstoel af – met so ou kouetjie in die hand -?

Solank groep en klasbelange beskerm word, solank sluit ons, ons van mekaar af.

Soos jy die AWB of enige ander verregse party as swak beeldbouers uitbeeld wil ek die totale Afrikanervolk insluit betreffende sy daaglikse handel en wandel. Hulle vernietig hulselwers deur hulle eie optrede! Deur in hulle kerke rond te le en hulle aan verdraaide humanistiese en kommunistiese breinspoelings onderwerp te wees! Deur hulle klasstelling – sommiges sal ook nie openlik wees oor hulle skielike rykdom nie.

Daar is net teveel dinge wat die Afrikaner weerhou van samehoorigheid!

Het ek weereens die flater van veralgemening begaan? Nee! Ons is almal wereld burgers.
Daar is een gedagte wat ek by jou en jou lesers wil los:
Openbaring 18:4 … Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag he nie en van haar plae ontvang nie.
II Kor 7:14 tot 18 as ook Jes 52:11 tot 12 is insgelyk van toepassing.
Daar is geen politieke skikking wat ons gaan red nie. As die rykste land aan grondstowwe wil die wereld sy hande daarop le. Die Afrikaner verhoed hom. So daar sal geen hulp wees nie. Geen gepoetste beeld sal daar ‘n effek he nie. Daar sal geen hulp vandaan kom nie.
Hierdie is wel my bydrae wat ek sal bly verkondig op elke forum wat ek kan kry. Ons heil is in bekering! Bekering tot die Almagtige Vader en Sy genade offer vir ons, Sy enige bore Seun. Ignoreer dit of kraak dit af en dit is verby! Iewers sal dit deurdring!
As al die Mighty Men saamtrekke nog nie vrugte afgewerp het nie, dan is ons nog nie op die regte pad nie. Meer hieroor op ‘n volgende keer. So ons moet die ou weg eers soek en daarop terugkeur voordat iets gaan werk! Wat is hierdie ou weg in die Afrikaner se geskiedenis?
Verskoon die spelfoute. Ek is nie ‘n puris nie en tik met tien duime.
Dirk Hall

2010
04.28

Die skisofreniese bruin steun vir Afrikaans

Een van die groot mites wat veral deur Naspers versprei word, is dat blote getalle deurslaggewend sou wees vir die oorlewing van Afrikaans. Dit is dus volgens Naspers se ideologie lewensbelangrik dat bruines en Afrikaners “hande sou vat” (om nou ‘n polities-korrekte Azanië-isme te besig.)

Die probleem is egter dat daar niks noodwendig hieraan is nie. Blote getalle is geen versekering vir ‘n taal se oorlewing nie. Daar is baie meer Xhosas en Zoeloes in Suid-Afrika as wat daar Afrikaners is (digby die 16 miljoen in totaal vir die twee groepe saam), maar dit is ‘n feit dat beide Xhosa en Zoeloe op ‘n afwaartste trajek is, die oorweldigende getalle ten spyt. Bykans alle swart ouers dring aan op skoolonderrig in Engels. Bitter weinige akademiese geskrifte of letterkunde word in hetsy Zoeloe, hetsy Xhosa uitgebring.
Daar is andersyds amper presies soveel sprekers van die Baskiese taal as wat daar Afrikaners is, sowat 2,5 miljoen, maar die Baske se taal en kultuur floreer.

Die verskil tussen Xhosas en die Baskiese taal is natuurlik dat die Baske beide ‘n sterk sin vir nasionalisme het, en hul taal ‘n trotse deel van hul identiteit vorm, teenoor die Xhosas wat hulself byna skaam vir hul eie taal asook kultuur, en nie wil toelaat dat hul kinders in Xhosa opgevoed word nie. Die intelligentsia onder die Xhosas mors geen tyd om spoedig te verengels sodra hulle die geleentheid kry nie. Die Xhosas, wat waarskynlik voorheen die belangrikste deel van die ANC uitgemaak het, het agv Engelse sendingwerk in die Ooskaap ‘n soort Pan-Britse, multi-kulti, rigtinglose en grootliks betekenislose reënboognasie-identiteit begin aankleef.

Juis om hierdie rede is Naspers se nimmereindigende propagandaveldtog en misplaaste blydskap oor die enkele bruines wat hulle op louwarm en skynheilige wyse vir Afrikaans beywer (Lionel Adendorf en Christo van der Rheede, byvoorbeeld), uiters naïef. Dis louwarm want mens kan nie eens sê dat daar juis bruin deelname aan die stryd om Afrikaans is nie. Watter bruin stemme het opgegaan teen die gedwonge verengelsing van Hoërskool Ermelo? Watter bruin akademici se voorkeurtaal is Afrikaans? Jonathan Jansen steek weliswaar sy uiters irriterende preke teenoor Afrikaners af in Afrikaans, maar maak dan aanspraak daarop dat hy Engels as huistaal het. Ditto vir Cheryl de La Rey, die rektor van UP, wat om die dood nie Afrikaans wil praat nie. Dis skynheilig omdat daai einste sogenaamde bruin kampvegters vir die taal, nie skroom om hul eie kinders na Engelse skole te stuur nie. Dis alweer die ou storie: Moenie maak soos ons maak nie, maak soos ons sê.

Die stryd om die oorlewing van Afrikaans gaan oor meer as die blote praat van die taal. Dit gaan ook oor die behoud van ‘n kultuur en ‘n erfenis, waarvan Afrikaans ‘n integrale deel is. Wanneer die ANC dus Pretoria se naam wil verander, is dit ‘n aanslag op beide die taal Afrikaans maar ook op Afrikaners se kulturele erfenis. Ek sien geen bruin leiers opstaan en te velde trek teen die naamverandering van Pretoria nie. Waarop dui dit? ‘n Gebrek aan ‘n gedeelde kulturele erfenis, moontlik? Wat ek van die bruin kultuur sien, wissel van ‘n Arabies-beïnvloede Moslemkultuur tot by ‘n soort Amerikaanse ghetto-kultuur, kompleet met halfmasbroeke en straatrenne. Van ‘n gedeelde kultuur tussen die bruines en Afrikaners sien ek al hoe minder tekens. As iemand wil aanvoer dat ‘n blote gedeelde taal dít is wat mense saamsnoer, waarom beywer die Skotse Nasionale Party hom dan vir Skotse selfbeskikking?

Wanneer daar wel die louwarm bruin steun vir Afrikaans kom, wat Naspers so opgewonde maak, skep sulke steun dikwels groot agterdog by Afrikaners. Terwyl ek nou op die onderwerp is: Afrikaners is blanke Afrikaanssprekendes. Met laasgenoemde kategorisering sou min bruines verskil. Dis ondenkbaar dat Allan Boesak, Robert McBride, Trevor Manuel, Cheryl de la Rey of Jonathan Jansen hulself as Afrikaners aan iemand sou voorstel. Dit is slegs die skisofreniese, linkse blanke Afrikaner, wat een ding sê maar gans en al ‘n ander ding doen (hulle sal nooit in ‘n bruin buurt gaan woon of met ‘n bruin vrou trou nie) wat verward is daaroor.

Om terug te keer na die punt hierbo, wanneer daar wel bruin steun vir Afrikaans is, gaan dit dikwels gepaard met ‘n verskeidenheid eise en gedwonge skuldgevoelens. Afrikaners moet byvoorbeeld eers bieg dat hulle rassiste is (Jonathan Jansen se gunstelingstokperdjie) en hulle moet nimmereindigende verskonings vir slawerny en apartheid aanbied, voordat die bruines hul louwarm steun vir Afrikaans sal bied. Sodoende word daar grootskeepse agterdog gewek dat daar eintlik politieke agendas agter die sogenaamde bruin steun vir Afrikaans sou wees. Daar is heelwat kodespraak vanuit die sogenaamde bruin kampvegters vir Afrikaans hieroor. Afrikaans moet glo “die baggasie van die verlede agterweë laat” (lees: Afrikaners moet ons plek ken en ons neerbuig voor die nuwe bruin en swart heersers van die land.)

Voorts is die bruin steun vir Afrikaans ook ietwat skisofrenies van aard, omdat die ANC se oorheersende ideologie van rassistiese transformasie tot die bruines se onregverdige voordeel is. Transformasie behels o.a. die etniese reiniging van blankes uit poste . Bykans al die rektore van Afrikaanse universiteite is gevolglik bruin. Is al daardie aanstellings suiwer op meriete, of het die ANC bruines gekoöpteer in sy veldtog van etniese reiniging van blanke mans, met die bruin rektore as gewillige meemakers in hierdie veldtog?

Transformasie behels egter ook, benewens die etniese teikening van blanke mans die moord op Afrikaners se kultuur en taal – die naamverandering van Pretoria en die veldtog teen Hoërskool Ermelo se taalbeleid, byvoorbeeld. Die bruines sit dus met ‘n dilemma. Rassistiese transformasie is tot hul voordeel wanneer dit by hul beroepslewe kom. Hoe kan hulle dan wil deel word van ‘n groter taalkulturele stryd teen transformasie, wanneer Afrikaans ook deel is van dít wat geteiken word, benewens blanke mans?

Laat Naspers dus maar gerus begaan met hul naïewe opgewondenheid oor die sogenaamde bruin steun vir Afrikaans, steun wat al te dikwels met die albatros van verskuilde agendas om sy nek kom, en van Afrikaners verwag om gedweë ons plek as tweedeklasburgers te aanvaar, en nimmereindigende verskonings, ook van Afrikanerskinders wat na 1994 gebore is, vereis. Waarop ek sê: basta! Ek kruip voor niemand nie, veral nie Jonathan Jansen, Allan Boesak of Robert McBride nie. Afrikaans se oorlewing hang van jou en my, die Afrikaners, af. Dit sal in Pretoria se voorstede beklink word, nie op die Kaapse Vlakte nie.

2010
04.22

Baie Afrikaners sou saamstem dat veral die liberale, Engelse pers en media, maar ook die slang in eie boesem, Naspers, Afrikaners dikwels uiters vyandiggesind is. Dié media sal geen geleentheid om Afrikaners in ‘n swak lig te stel, laat verbygaan nie. Die oomblik toe die moord op Eugene Terre’Blanche die voorblaaie tref, is al wat ‘n oorsese nuuskanaal vol met beelde van die AWB en sy uit-en-uit Nazi-agtige simbole. Die boodskap was nie eens subliminaal nie; dit het jou oor die kop gemoker: “Afrikaners is Nazi’s.”

Die aanbieders wat ‘n sogenaamde e-TV onderhoud met die AWB se André Visagie gevooer het, was ook nie daarop uit om die feite te hore te kom nie. Nee, die ousie se uiters vyandige trant was uit en uit ontwerp om Visagie uit te lok, en dis presies wat hulle reggekry het. Goddank ek is nie iemand wat in die openbaar hoef te praat nie, of onderhoude met die media te doen nie, want niks sou my groter genot verskaf het as om oor die tafel te leun en haar ‘n klap toe te dien wat haar kop sou laat tol het nie.

Ek is weliswaar die spreekwoordelike beste stuurman wat aan wal staan, maar bostaande is juis een van die groot probleme wat Afrikaners het. Ons spandeer hopeloos te min aandag daaraan om ons beeld te poets. Beide André Visagie en ekself is nie mense wat in die openbaar moet praat of onderhoude met die media moet doen nie. Jy kan jou nie (soos ek sou en Visagie het) vererg vir die ousie as jy die openbare gesig van ‘n beweging of organisasie is nie. Dink wat jy wil van die Mulders se politiek, maar jy sal nóóit sien dat dr Mulder ooglopend sy humeur verloor nie.

Te dikwels vind mens egter segsmanne vir Afrikanerorganisasies wat amateurs is wanneer dit by praat in die openbaar kom, mense wat nie formele opleiding gehad het daarin nie. Ja, ons is trots Afrikaans, maar dis geen verskoning om jou Engels hopeloos op te foeter as jy in Engels ‘n onderhoud moet doen nie. Al wat dit regkry, is om Afrikaners nog dommer te laat lyk, en dit speel op sy beurt reg in die hande van diegene wat ons in ‘n swak lig wil stel.

En dan die gewraakte AWB-simboliek. Slegs die mees naïewe sesjarige sou glo dat die AWB se vlag, saluut en simbole nie bykans identies is aan die Nazi’s s’n nie. Daai bog dat die swastika-agtige 777-simbool nie op die Nazi’s se hakekruis sou sinspeel nie, glo selfs nie eens die mees gestremde aanhoorder daarvan nie. Daardie simboliek doen oneindige skade aan die beeld van Afrikaners as dit op CNN en die BBC uitgesaai word, tot op die punt dat ek begin wonder of die samesweringsteorieë wat lui dat die AWB deur die NP gestig is juis om regses te diskrediteer, nie tog waar is nie. Om nou ‘n rugbymetafoor te gebruik: Dis asof jy jou opponente die bal gee en hulle uitnooi om jou doellyn oor te steek.

Ja, ons stem almal saam die media is ons vyandiggesind, maar dit help nie ons doen ons eie saak self nog meer skade aan deur hulle in hul kwaad te sterk nie. Gaan soek gerus na American Renaissance se Jared Taylor op YouTube. Gaan kyk hoe kalm, beredeneerd en professioneel kom Taylor oor tydens onderhoude en debatte. Sy standpunte word ook, nes Afrikaners s’n, onder druk geplaas, en hy is dikwels die teiken van naakte haat vanuit die geledere van die linkses.

Dus: laat staan daai Nazi-simboliek. Klop die media met sy eie spel. Gaan koop vir jou ‘n ordentlike pak klere en laat staan die Veldfokus-hempies vir braais met jou vriende. Gaan loop om hemelsnaam ‘n kursus in effektiewe openbare kommunikasie en toesprake, meneer die Afrikanerleier. Kies ouens wat op hulle voete gaan kan dink en nie hulle humeur gaan verloor nie as die openbare aangesig van jou organisasie.

2010
04.09

Die ANC was geweldig teësinnig om Malema oor die kole te haal agv sy haatliedjies wat die massas opsweep om Afrikaners te vermoor. Dit was duidelik dat die ANC saamstem met Malema, dat hulle blankes ook as ‘n ergenis beskou. Dit het ET se moord gekos om die ANC te oortuig dat hy moes ophou, maar selfs ná ET se dood was dit steeds ‘n halfhartige en teësinnige snoering van Malema se vet smoel.

Gister pleeg Malema egter ‘n aartssonde. Hy laat ‘n BBC-joernalis uit ‘n perskonferensie smyt, en beledig dié in die proses.

Dit kan ons nie duld nie, kan ons? Om mense aan te moedig om vier miljoen blankes met pangas dood te kap, is een ding, maar die waardigheid van een soutsakjoernalis is iets heeltemal anders. Die indiwidu se waardigheid is skynbaar veel, veel belangriker as miljoene blankes se veiligheid. Onmiddelik word Malema erg oor die kole gehaal, iets wat glad nie voorheen gebeur het nie. Die ANC het tot vandag toe nie vir blankes om verskoning gevra oor Malema se haatliedjies nie, maar daar word onmiddelik ‘n kruiperige verskoning teenoor die soutsakke uitgereik.

Daar het julle dit, mense. Vir diegene wat nog gewonder het: julle kan maar ophou wonder. Suid-Afrika word uit Whitehall, die finansiële distrik van Londen, Sandton en die JEB regeer, en beslis nié uit Pretoria nie. Die ware mag in Suid-Afrika is Britse, Engelse en Joodse sakebelange, soos Brett Kebble, die boef wat Malema befonds het in die verlede. Die oomblik toe Malema op daardie spesifieke tone trap, word hy onmiddelik in die bek geruk en toe kry die soutsakke ‘n kruiperige verskoning.

In 1776 het die Amerikaners ‘n burgeroorlog geloods om van presies dieselfde stinkende imperialiste in Londen ontslae te raak. Hoe lank gaan dit ons neem om van ons Britse en Engelse meesters ontslae te raak?

2010
04.08

Ek het op ‘n stadium in die VSA gewerk. Een ding wat my opgeval het in voorstedelike Amerika, was die bykans totale gebrek aan sekerheid wat mens daar aangetref het. As ‘n Suid-Afrikaner was ek gewoond aan lemmetjiesdraad en elektriese heinings om ons huise. In die VSA vind mens dikwels dat huise geen heining om het nie, en dikwels ook geen diefwering nie. Dit is onbekend hoe die buurmanne besluit wie se gras hou waar op wanneer hulle dit moet sny, siende dat daar nie heinings is nie. Dit moet wonderlik wees om in ‘n lelieblanke gebied te bly en nie daagliks vir jou lewe te vrees nie.

Hierdie is egter Afrika, en ‘n relatief-misdaadvrye omgewing word deur die gewelddadige aard van sommige van hierdie kontinent se inwoners uitgeskakel. uit bittere ervaring is die meeste van ons paranoïes oor ons veiligheid. Ons het alarms, agtvoetheinings, troppe aggressiewe honde en ‘n gewapende reaksiemag. Dis nie om dowe neute dat ons so paranoïes is nie. Jou kans om agv misdaad te sterf in Suid-Afrika is waarskynlik tussen tien en vyftig maal hoër as daardie voorstedelike Amerikaners (in die VSA se binnestede is dit weliswaar ‘n ander saak.)

Jou risiko as ‘n sagte teiken word vertiendubbel as jy geïsoleerd is. In ‘n stedelike omgewing is jou bure naby, maar veral op die platteland gaan niemand jou noodkreet kan hoor as iemand jou aanval nie. Dit is waarskynlik juis die isolasie wat die opdrifsels wat plaasmoorde pleeg, toelaat om hul slagoffers vir ure lank te martel. Ek sou die eerste wees om te erken dat ek geensins ‘n kundige op die gebied van beveiliging is nie, maar is dit nie logies dat, gegewe hoe paranoïes stadsbewoners is oor ons veiligheid, landelike bewoners des te meer paranoïes moet wees nie?

Hierdie skrywe van my is genoop deur die foto’s van Eugene Terre’Blanche se plaasopstal wat gepubliseer is ná sy gru-moord.

Van die foto’s af wil dit voorkom asof daar nie juis veel in die lyn van beveiliging by sy opstal was nie. Dit lyk vir my of die vensters nie eens enige diefwering voor hulle het nie, wat sekerlik die mees basiese vorm van beveiliging is vir ‘n woonplek. As mens op die onderstaande foto kyk, lyk dit of enige iemand bloot by die oop venster kon inklim. Ek spekuleer nou, maar die eenvoud van die huis binne maak my vermoed daar is geen alarmstelsel nie.

Dit is natuurlik maklik om mens slim te hou ná so ‘n gruweldaad, maar dit lyk vir my, ten minste op die oog af, en ek kan verkeerd wees, of daar bitter min aandag geskenk is aan beveiliging op die moordtoneel. Niemand weet tans nie, behalwe die beskuldigdes, maar dit lyk of mnr Terre’Blanche letterlik in sy slaap oorval is. Dis ‘n groot ironie, want mnr Terre’Blanche, van alle mense, sou sekerlik baie sterk bewus gewees het van die onaanvaarbare misdaadsituasie in die land. Sonder om nou die blaam op die slagoffers te plaas, en om weg te neem van die onaanvaarbare barbaarsheid van baie Afrikane, moet ek tog wonder of ‘n lakse houding teenoor veiligheid nie bydra tot baie plaasmoorde nie?

Dit is immers een ding om vermoor te word nádat die booswigte groot moeite moes doen om by jou lemmetjiesdraad, honde, alarmstelsel, diefwering, bewegingssensors ensovoorts verby te kom, teenoor iemand wat nie redelike stappe neem om homself te beveilig nie. Ek kan eweneens verstaan dat daar heelwat armoede onder blankes, veral in landelike gebiede voorkom, en dat dit vir sommiges moeilik is om ordentlike beveiliging te kan bekostig.

Bostaande bring my by die punt hiervan. Soos ek gesê het, is ek geen veiligheidskenner nie, maar hoort elke geïsoleerde huis nie minstens ‘n bewegingsensor, ‘n paniekknoppie en ‘n alarmradio te hê, wat hulp kan ontbied nie? Ek is onder geen illusie dat sulke maatreëls alle plaasmoorde sal verhoed nie, maar dit moet so moeilik as moontlik vir die skuim wat dit pleeg gemaak te word om hulle gruweldade uit te voer. ‘n Stelsel wat hulp ontbied, sou ook die tyd wat die aanvallers het, beduidend verkort, en hopelik bydra om die martelings te verminder.

Goed, baie landelike blankes het verarm en kan dit waarskynlik nie bekostig nie, maar ek hoor mense dikwels sê dat “iets” aan plaasmoorde gedoen moet word, sonder om mooi te weet wat of om spesifieke gedagtes te hê daaroor nie. Sou dit nie baie sin maak om te kyk na ‘n inisiatief en ‘n fonds wat deur iemand soos Solidariteit bedryf word nie, wat ten doel het om goeie veiligheidsmaatreëls by ‘n iedere en ‘n elke blanke opstal aan te bring nie? Diegene wat dan wel voel hulle wil iets aan plaasmoorde doen, kan dan geld skenk aan dié fonds (dit kan miskien die Eugene Terre’Blanche Gedenkfonds heet), wat sal kan betaal vir die elektroniese toerusting vir behoeftige landelike bewoners.

Sodoende kan ons, veral diegene in die stede, help om ons medeblankes op die platteland effens rustiger te laat slaap, en kan ons iets daadwerkliks aan plaasaanvalle doen.

2010
04.06

Daar was op die Praagwerf ‘n hele aantal reaksies op my vorige blog (Die AWB is nie die Antwoord nie) wat, en hoe sou ek dit nou stel, ongunstig was.

Ek is uitgekryt as lafhartig. Ek is beskuldig dat ek nie deur God se gees vervul is nie. Ek wonder, met permissie, of maak God se gees mens onder andere lus om petroljoggies byna dood te bliksem? Dis nie hoe ék veral die boodskap in die Nuwe Testament verstaan het nie, maar nou ja. Of is dit eerder dié soort ˝spirit˝ in Klippies wat mens só maak optree? Een ou wonder skoon wat my punt was toe ek skryf ons moet dink voor ons optree. Ek het wragtig nie gedink dis so moeilik om te begryp nie.

Lyk my ek is in die minderheid, soos gewoonlik. Baie van die manne, en veral die vrouens (!), is lus vir skiet, smaak dit my, en is nie lus om na rede te luister nie. Nou goed, kom ons gaan vir die doeleindes hiervan langs daai pad af en dink oor die praktikaliteite van wraak. Vir diegene wat so sukkel met die begrip saam: ek praat hier van offensiewe wraak, van optrede wanneer daar nie ‘n onmiddelike bedreiging vir jou is nie. Niemand sal jou verkwalik wanneer jy in selfverdediging optree nie. Sodra daai ou wat jou huis beroof egter sy rug draai en begin hardloop, en jy skiet hom, is dit moord, nie meer selfverdediging nie. Dis nie ek wat so sê nie. Dis die wet.

As ons wil wraak neem, as ons wil skiet, sal ons noodwendig offensief moet optree, en soek ons uiteraard ‘n geskikte teiken. Julius Malema sou perfek gewees het. Probleem is Julius het ‘n hele aantal lyfwagte en ‘n blouligkonvooi van gepantserde, Duitse motors, beman met boewe in uniform met ‘n kak houding en R-5 gewere. Ek en jy, die belastingbetaler, befonds hulle. Ons belasting sorg dat jy nie sommer by Julius gaan uitkom nie. Veral nie ná die moord op mnr Terre’Blanche nie. Skrap daai gedagte dus, asook die een om enige ander ANC-apie te teiken, want elkeen van hulle het sy eie trop lyfwagte en blouligkonvooi.

Wat van die twee submenslike indiwidue wat die moord gepleeg het? Vergeet dit. Jy gaan net so min by hulle uitkom. Ventersdorp krioel reeds van die polisie. Die verhoor gaan in camera wees en die hof sal ook krioel van die polisie. Jy gaan dit nog meer moeilik vind om by hulle uit te kom as by Julius.

Dus, wie skiet jy dan? Al wat eintlik oorbly is onskuldige swart burgerlikes. Jy kan hulle miskien buite die hof tart in Ventersdorp tot hulle begin klippe gooi en hulle dan platskiet, maar dan gaan die hele wêreld dink dooie AWB’s verdien hulle lot en alle oorblywende simpatie gaan verdamp, omdat CNN se kameras gaan sien hoe tart jy hulle, en hulle die stukke sal uitsny waar hulle jou met klippe gooi. Jy moet noodwendig soos Barend Strydom of die Skierlik-skutter maak, in ‘n township instap en jou wreek op enige swarte wat voorkom. Skiet verkieslik sommer ‘n paar met ‘n kleintjie op die rug, dan spaar jy ammunisie. Twee bokke met een koeël, as’t ware. Hoor ek jou sê jy gaan enige swart moer wat net lyk of hy op jou plaas of op jou werf wil kom, die ewigheid inhelp met jou .303? Ja? En dán? Dan kry jy ‘n regter soos John Hlope tydens jou verhoor, en dan sit jou turf. Gaan vra vir die Boeremagbeskuldigdes of dit lekker is in ‘n Azaniese tronk. Hulle sal die Anglisistiese boek na jou kant toe gooi, indien Cosatu of iemand in die tronk jou nie bykom nie.

En wanneer jy jou Barend Strydom-heldedaad verrig het, wat dan? Gaan plaasmoorde dan afneem? Nee, komaan. Ons weet albei wat gaan die uiteinde wees. Dit sal eskaleer na ‘n siklus van wraak en teen-wraak. Jy trek los in die lokasie en môre hardloop ‘n bende vanuit daai lokasie deur jou dorp en kap jou vrou wat inkopies doen met ‘n panga en met die rughandhou van die voorhand wat jou vrou se skedel gekloof het, is jou kindertjies ook dood.

Die manne en vrouens wil weliswaar hul leier se dood wreek, en links en regs skiet, maar van ‘n plan agter die geskietery, hoor ek min. Ek vra julle weer: nádat jy die ousie en die kleintjie op haar rug vrekgeskiet het, wat dan? Wat het jy dan presies reggekry?

As jy jou woede dan wil gebruik, waarom nie voorkomend en meer positief optree nie? Sorg dat plaas- en stedelike moorde nie weer kan gebeur nie. Waarom nie patrollies doen in jou gebied nie? (Moet net asseblief nie self tot op ‘n wafferse Malema se vlak daal en lukrake voetgangers te lyf gaan nie.) Waarom nie sorg dat elke en ‘n iedere plaasopstal die mees basiese goed doen om homself te beveilig nie? Het enige iemand terloops opgelet dat mnr Terre’Blanche se vensters min of geen diefwering voor hulle gehad het nie? Waarom nie ‘n burgerlike-beskermingsnetwerk stig in jou gebied nie?

Indien jy een van die generaals of kommandante is (ek het terloops nog altyd gedog ‘n generaal voer bevel oor ‘n hele aantal troepe, dikwels 5000 plus, maar dinge lyk my werk anders in die AWB) en voel ‘n blote buurtwag is benede jou waardigheid, sit koppe bymekaar met die 7000 ander generaals, kommandante, brigadiers en admiraals en kom op met ‘n nasionale, oorkoepelende veiligheidsstrategie.

As jy dan iets dramaties en vreesloos móét doen, vang eerder ‘n booswig tydens jou effektiewe gebiedspatrollering, en gaan lewer hom ongedeerd maar vasgebind aan president Zuma by die Uniegeboue af, nadat jy CNN gebel het om jou te vergesel.

2010
04.06

Die geskiedenis is gevul met menslike en fisiese simbole wat die lot van nasies en beskawings verander het. Kyk maar na Mandela, die Statue of Liberty, The Alamo, Koning Leonides en sy 300 Spartane, die Voortrekkermonument, ens. Al hierdie simbole het een ding in gemeen: Hulle het ‘n lewendige krag geword vir die drome en aspirasies van hulle aanhangers. En dit is presies wat die Afrikaner (en alle blankes in Suid Afrika) nou bitter nodig het. U het gesien hoe Afrikaners dol geraak het oor die De La Rey liedjie. Dit het self die koerante gemaak in Amerika.

Ons ou simbole, bv. die Voortrekkermonument, is histories te negatief gelaai om enigsins buite die Afrikaner psige enige impak te hê. Engelssprekende Suid Afrikaners, bruin mense en, uiters belangrik, die Weste kan amper glad nie hulself met hierdie Afrikaner-eie simbool vereenselwig nie. Wat ons nodig het is ‘n simbool wat vir amper almal kan aanspreek. Die simbool moet dus taal/histories/nasie/ras neutraal wees en dit moet só geskep word dat n mens feitlik amper alles wat hedendaags aktueel is in die nationale sowel as international bewussyn daarin kan lees.

Ek stel hiermee voor dat ons ‘n reuse horisontale kruis bou iewers op ‘n boer se landerye. Hierdie kruis moet so groot wees dat n mens dit van die buitenste ruimte kan sien (bv. met Google Earth). Die kruis moet ‘n lewendige monument word vir al die boere (wit, Bruin, swart en Indiërs), hul vrouens, plaaswerkers, ens wat sedert 1994 vermoor is. Dit is ook van kardinale belang dat ons die spanning uitnut wat van nou tot die Sokker Wereldbeker in 2010 deur die buiteland op die ANC-beheerde regering geplaas gaan word. DIE TYD IS NOU!

Sien onderstaande illustrasies plus verduideliking. Ek kan u waarborg dat dié kruis sy eie simboliese lewe sal verkry sodra hy gebou is. In Suid Afrika sowel as in die buiteland is die pendulum besig om skerp teen die swak regering van die ANC te swaai. Drie onlangse artikels in Le Monde (Frankryk), Der Spiegel (Duitsland) en die Krone Zeitung (Oostenryk) het al klaar gewys dat die buiteland sterk begin twyfel aan die ANC-regering se vermoë om die Sokker Wereldbeker suksesvol te kan laat plaasvind in 2010.

Die buiteland begin stadig maar seker besef dat die ANC regering nie bloot meer arme slagoffers is van die veel-gehate ou Apartheid regering nie. Hulle besef nou dat ons die regte slagoffers is, en dit is juis nou die tyd dat ons hierdie sentiment moet benut om ons volk te red! Ons gaan nooit weer so n gulde geleentheid gegun word nie.

Stel u voor as ons klein lapel- of borsspelde maak van die kruis en dit dan aan die miljoen expats uitdeel om te dra. Elke expat wat dit doen sal dan ten minste eenkeer per dag gevra word wat sy lapel- of borsspeld beteken. Net hiermee kan ons ons boodskap aan miljoene mense in die buiteland bring. Hel, al red die kruis net een enkele boer se lewe was dit al die moeite werd. Die Afrikaner het nog geld, en die kruissimbool sal regtig nie baie kos nie.

Terug na die kruissimbool; siende dat hy bagasievry is, sal die kruis homself maklik verleen om ook as volgende simbole te kan dien:

1) Globale verwarming. Die hele wêreld gons nou oor hierdie tema en die kruis kan as simbool dien vir al die kommende hongersnood, wat vererger sal word indien al die boere vermoor word.

2) The African Renaissance. Sonder Eerste-Wêreldse standaarde het Afrika geen hoop om te ontwikkel nie. Vermoor maw die hoogsgekwalifiseerde boere en die land kan simbolies vergeet om vooruit te boer.

3) Regstellende Aksie. Vat die hoogs gekwalifiseerde boer se grond weg dan ly almal aan honger. Met ander woorde: sonder gekwalifiseerde mense gaan die hele Suid Afrika ly.

4) Christenskap. Die Kruis is die simbool van ons geloof en hy sal definitief die aandag van konserwatiewes in die Weste trek. Stel u voor; die Kruis kan die grootste lewendige Christelike simbool op aarde wees!

5) Die uitsterwe van die Westerse Beskawing. Daar is nou ‘n wa vrag vol literatuur in die Weste wat oor die eind-tye van die Weste handel. Wat n beter simbool as die Kruis om die uitsterwe van die Weste te simboliseer!

6) Kriminalitieit in Suid Afrika. Die Weste begin nou te besef deur watter hel ons daaglikse bestaan gaan weens die misdaadepidemie in die land.

Ensovoorts!

Die kruissimbool is letterlik oop vir alle relevante interpretasies. Dit sal ook heel maklik wees vir skrywers, soos ek, om die buitelandse media se aandag te fokus op hierdie simbool. Die doel is om die Sokkerwêreldbeker 2010 en die plaas moorde altyd met mekaar te verbind, nationaal sowel as internationaal, Met ‘n bietjie geluk kan ons selfs n internasionale “celebrity” kry om ons te help. Die moontlikhede is legio!

Ten slotte: As ons nou nie ‘n plan maak nie gaan die Afrikaner volk uitsterf. Dit is ‘n feit, of ons dit nou wil hoor of nie!

DIE TYD IS NOU!

(Kontak vir Albert hier: albertbrenner@yahoo.co.uk)

2010
04.05

Ek het my bes probeer om niks negatiefs oor die AWB te sê die afgelope paar dae nie, uit respek vir wyle Eugene Terre’Blanche. Ongelukkig is die temperatuur besig om handuit te ruk en kan ek nie langer stilbly nie.

Ja, ek verkwalik die singery van Kill the Boer vir die gebeure op Ventersdorp, asook die ANC se ruggraatloosheid en die kultuur van wetteloosheid in die land.

Ja, ek meen al lankal daar is reeds ‘n laegraadse burgeroorlog in hierdie land.

Ja, ek het al lankal ‘n beroep gedoen vir ‘n Afrikanersekerheidsmag, maar ek het moeite gedoen om klem te lê daarop dat ek dit as ‘n defensiewe mag sien, iets soortgelyk aan een van die privaatsekerheidsmaatskappye soos Chubb of ADT. My gedagte was ook om sodoende werk te skep vir werklose Afrikaners. Dit was beslis nié ‘n privaatweermag of ‘n mag wat ten doel het om volksmoord te pleeg nie. Hoekom dit nog nie bestaan nie is eweneens maklik om te verklaar. Só ‘n sekerheidsmag sal as ‘n privaatmaatskappy gestig en bedryf moet word, en dit sal groot hoeveelhede kapitaal vereis, byvoorbeeld vir ‘n beheersentrum, voertuie, wapens, uniforms, salarisse ensovoorts. Ek as iemand wat nie ryk is nie en nie die luukse het om heeldag by die huis te lê nie, het eenvoudig nie sulke soort geld of tyd om dit man-alleen op die been te bring nie.

Al wat ‘n konserwatiewe is, het nou egter skielik uit die kassie gepeul en is daar is nou heelwat mense wat in wilde AWB-ondersteuners ontaard het. Nie net is hulle nou sommer AWB’s nie, maar wil hulle ook ‘n offensiewe oorlog onder die vaandel van die AWB gaan loods. Hulle wil Eugene Terre’Blanche wreek. Hulle wil, kortom, die “kaffers” gaan skiet.

Haal diep asem, mense. Kalmeer. Dink met jou verstand en nie met iets anders nie. Wat dink julle gaan gebeur as ‘n klomp khaki-geklede AWB-lede ‘n township binneval en die wit waks uit die swartes skiet ten aanskoue van die internasionale media? Dink julle die buiteland sou enige simpatie hoegenaamd hê wanneer die onafwendbare swart-op-wit wraakaanvalle kom, waar swart impi’s jou en my buurt binneval uit weerwraak vir ‘n lukrake skietery deur AWB-lede, wanneer hulle jou keel afsny en jou vrou verkrag, want dis presies wat sal gebeur?

Hoef ek enige iemand daarop te wys dat selfs ‘n outomatiese aanvalsgeweer soos ‘n AK of ‘n R4 minder as 30 rondtes in sy magasyn bevat, en as daardie 20 of 25 rondtes afgevuur is, maar daar staan 200 vyandiges buite jou hek, het jy nog groter moeilikheid as wat jy voorheen gehad het. Hoef ek mense te vertel dat daar vir elke weerbare blanke man, sowat 1.7 miljoen van ons op die meeste, daar minstens 8 of 15 weerbare swart mans in hierdie land is, maklik 20 of 30 miljoen? Hoef ek iemand daarop bewys dat baie blankes onlangs ontwapen is deur die ANC se wapenwetgewing?

Vir ‘n paar blankes om nou op te tree sonder om te dink oor die saak, is waarskynlik presies wat die ANC se meer radikale elemente soek. Hulle soek ‘n verskoning om hulle impi’s op ons los te laat. Vir Afrikaners om dom te wees, om na ‘n geveg te soek, kan slegs rampspoedige gevolge hê. Ek begeef my nou eweneens op gevaarlike terrein hier, maar daar is selfs diegene wat meen dat God ons soos met Bloedrivier sou help. By Bloedrivier het slegs een groep egter gewere gehad. Vandag se swartes het nie net ook gewere nie, hulle het ook tenks, vegvliegtuie en outomatiese masjiengewere. Die Zoeloes by Bloedrivier was voorts heidene, maar vandag klassifiseer meer as 80% van swartes hulself as Christene. Moenie te seker wees Bloedrivier 2 gaan nie weer rooi wees met bloed nie, maar hierdie keer blankes se bloed nie.

Dan die AWB. Dit is maklik om emosioneel meegevoer te raak en hulle te verromantiseer agv Eugene Terre’Blanche se skokmoord, maar weer eens mense: dink! Selfs op sy hoogtepunt in die 1980’s was die AWB ietwat van ‘n grap, met lede soos Jimmy Abbott, derduisende generaals, kommandante en veldkornette, sonder ‘n voetsoldaat in sig. Hoe minder ek skryf oor die rampspoedige Bop-inval, hoe beter, behalwe dat mens ys as jy beeldmateriaal sien hoe pleit daardie ooms om hul lewens. Wat het die AWB se inval van die World Trade Center tydens Kodesa vermag?

Ongelukkig was die AWB se grap nie heeltemal so snaaks nie, en dit was ten koste van ons, die Afrikaners gewees. (Mnr Terre’Blanche het terloops later van tyd begin sê hy’s ‘n boer nie ‘n Afrikaner nie, wat my maak wonder het waarvoor die A in AWB dan gestaan het.) Khaki-geklede mans met boepense en Nazi-agtige simbole (en, laat ons eerlik wees, daai 777-verontskuldigings glo niemand nie – daardie AWB-vlag en ander simboliek is uit en uit Nazi-simboliek) bied vir Afrikaners se opponente ‘n droomgeleentheid om ons as Nazi’s af te maak. Ongelukkig is dit ook die beeld wat die afgelope paar dae die wêreld in is: Afrikaners is oor en oor met die Nazi-kwas geteer, omdat beelde van Eugene Terre’Blanche en sy mede-AWB’s oor en oor uitgesaai is. Besef julle dan nie welke geweldige negatiewe assosiasie dit in die buiteland van Afrikaners skep nie?

Nie net was die AWB grootliks bevolk deur ‘n versameling narre nie, maar was hulle ook vrot van die polisie- en intelligensie-informante. Gaan daardie vyfde kolonne skielik verdwyn as die AWB sou herrys? Hoe naïef is ons, mense? Ongelukkig moet ons ook eerlik wees en erken dat daar ook elemente binne die AWB was wat totale los kanonne was, indien nie kriminele nie. Daar is gerugte van AWB’s wat in swart townships ingestap het en links en regs begin skiet het op onskuldige mense. Hoe maak dit hulle beter as Eugene Terre’Blanche se moordenaars of Julius Malema?

Dus: vergeet van die AWB. Hy is hopeloos gekompromiteerd. Sonder Eugene Terre’Blanche se charisma is dit in ieder geval nie meer lewensvatbaar nie. Dink nugter. Maak eerder planne om jou en jou buurt te verdedig. Dink defensief, nie offensief nie. Vergeet van wraak want dit sal teenproduktief wees. Beraam planne hoe om vreemdes van iemand soos mnr Terre’Blanche se plaas af te hou, of hoe om hulle uit jou woonbuurt te hou. As jy dan wel op nasionale vlak wil organiseer, moenie beplan hoe om swartes te teiken nie. Maak planne hoe om blankes op nasionale vlak te wil verdedig. As dinge wil begin lyk na Rwanda, as die SABC begin om Kill the Boer oggend, middag en aand uit te saai, wat is ons plan dan? Hoe beveilig ons die vrouens en kinders? Waar en hoe konsentreer jy die volk in weerbare groepe, want soos Terre’Blanche se moord ons gewys het, is dit lewensgevaarlik om geïsoleerd te wees.

Daai plan het niks met die AWB te make nie. Inteendeel: ‘n groeiende AWB kan selfs ‘n struikelblok wees in die pad van internasionale hulp aan die Afrikaners, en ek is bevrees ons kan dit miskien eendag nodig kry. Die Weste het reeds stilgesit toe 4 miljoen Rwandese uitgewis is. Hoe geneig gaan hulle wees om ons te help as die persepsie by hulle bestaan dat ons Nazi’s is?

2010
04.05

Ek het al voorheen geskryf dat ek nie juis ‘n groot ondersteuner van samesweringsteorieë is nie. Ek weet darem nie of daar ‘n geheime Area 51 in die VSA was waar ‘n ruimteskip neergestort het nie en waar die lyke van klein groen mannetjies tot vandag toe aangehou word nie.

Aan die ander kant moet mens altyd waak daarteen om naïef te wees, en dinge bloot op sigwaarde te aanvaar. Daar sit dikwels, dog nie altyd nie, meer agter oënskynlik lukrake gebeurtenisse as wat mens mag dink.

Die regisseur Oliver Stone het ‘n aantal jaar gelede ‘n rolprent gemaak, JFK, wat gehandel het oor die sluipmoord op John F. Kennedy in Dallas. Volgens Stone was Lee Harvey Oswald bloot die een wat die blaam gedra het, en was dit eintlik die VSA se militêr-industriële kompleks wat sou voordeel trek uit JFK se dood. In die rolprent was daar allerhande spekulasie oor addisionele skutters op die “Grassy Knoll” maar die sentrale tema is dat daar meer agter dié sluipmoord gesit het as ‘n eenvoudige versteurde indiwidu, dat diegene wat sou voordeel trek, eintlik agter die ding was. John F Kennedy het naamlik opdrag gegee dat Amerikaanse betrokkenheid in Vietnam afgeskaal moes word, en het die CIA se klandestiene operasies heelwat afgeskaal. Stone gebruik onverklaarbare aspekte van die sluipmoord, soos die pad van die koeël, ter stawing van sy teorie.

Die skokmoord op Eugene Terre’Blanche het eweneens, veral op hierdie stadium, ‘n aantal vreemde aspekte wat my aanbetref. Dit kom “toevallig” teen ‘n agtergrond van die ANC wat “Struggle”-liedjies sing. Die twee plaaswerkers wat dit gepleeg het, het nie eens ‘n maand daar gewerk nie. Gewoonlik verdwyn plaasmoordenaars in die niet, maar dié twee het reguit na ‘n buurplaas gestap, die polisie gebel, en klaarblyklik ewe kalm gewag vir die gereg om op te daag. Die geskil was glo oor hul lone, maar sover ek kon vasstel, het hulle niks gesteel nie. Hulle hou vol dis selfverdediging, maar Terre’Blanche word in sy bed aangetref, sonder klaarblyklike tekens van enige struweling. Jy is kwaad oor jou lone wat nie betaal is nie, maar dan gaan kap jy ‘n ou man doelgerig dood, steel niks nie en gaan gaan gee jouself doodluiters oor aan die polisie? Vreemd inderdaad.

Soos met die rolprent JFK, doen ek aan die hand dat mens na die groter prentjie moet kyk. Die AWB is weliswaar lank reeds ‘n uitgediende mag, al het hy onlangs effense tekens van ‘n herlewing begin toon. Die AWB is egter bekend daarvoor dat sy lede gewelddadig kan optree, gegewe genoeg provokasie. Watter beter manier om die AWB te provokeer as om hul leier wreed om die lewe te bring?

Wat kan die moontlike uitkoms wees van hierdie aanval? Een scenario is dat die AWB wel hul dreigement, wat hulle reeds geuiter het, sal uitvoer, en hetsy Malema self, hetsy ‘n ander ANC-hooggeplaaste uit weerwraak uithaal. Moontlik raak die ANC bang vir presies só ‘n wraakaanval, en snoer hulle uiteindelik Malema en ander ongedissiplineerde kaders se monde, iets wat Solidariteit en Afriforum se hofbevele nie kon vermag nie.

Wie kan voordeel trek uit bostaande? In wie se belang sou dit wees as die Boere hul vuilwerk doen en vir Malema uithaal, of ten minste sulke geloofwaardige dreigemente uiter dat die ANC gedwing word om Malema se vet smoel stil te maak? Is dit nie voor-die-hand-liggend nie? Heel toevallig is Julius Malema dié spesifieke naweek in Zimbabwe, besig om opnuut geluide oor nasionalisering te maak. Volgens die rolprent JFK was dit die militêr-industriële kompleks wat voordeel sou trek uit sy dood.

Indien daar iemand agter Eugene Terre’Blanche se moord sit, indien die twee booswigte betaal is om hom te gaan doodkap, sou ek sê dat die oë moet draai na die vergaderkamers van groot sakebelange, genoteerde maatskappye, en spesifiek die mynhuise. Volg die geld. Vra wie sou voordeel trek uit die dreigement van wit opstand teen spesifiek Malema.