2010
04.30

Die onlangse wreedaardige moord op Eugene Terre’Blanche het opnuut die besef maak posvat onder Afrikaners dat “iets” gedoen moet word aan beide die veiligheidsituasie in die land, asook Afrikaners se gebrek aan organisasie. Ons sit met ‘n swetterjoel organisasies, elke haantjie op sy eie mishoop, want elke ou wil die leier wees en elkeen hou nie van sy opponent se organisasie nie. Ons het derduisende generaals en kommandante maar geen skutters nie.

Lees die volledige dokument met my gedates oor ‘n volksraad en beveiliging asseblief hier – dit bevat formattering wat nie lekker werk op die blog nie.

3 comments so far

Add Your Comment
  1. Hierdie is nie bedoel om af te kraak nie. Ek self het ‘n bepaalde siening in die verband!

    Ek is van mening dat ons vir eers die struktuur ‘n rukkie vergeet. Om ‘n struktuur te vestig sou basiese ding benodig word sonder inmeng.

    Hoe beantwoord ons die volgende vrae

    Jy stel voor dat ons ‘n soort gelyke instansie stig aan Chubb en ADT.

    Hoe sal dit befonds word? Hoe sal dit registreer word? Wie sal in diens geneem word? Ek maak die afleiding dat dit slegs wit Afrikaners sal wees. As ek reg is die volgende… Hoe kom ons by wetgewing verby? Sou die ter stigte maatskappy enige wins toon of selfs net kompeterende salarise begin betaal , tree spesifieke wetgewing in werking.

    Kom ons laat dit weer eers een kant. Die ter stigte maatskappy sou bebaalde infrastiktuur benodig. Die bestaande strukture word deur die staat beheer en oefen dan ook effektiewe kontrole daaroor uit. Die ter stigte maatskappy is dus afhanklik van ‘n kompenent waaroor geen beheer uitgeoefen kan word nie.

    Dit weer daar gelaat. So ‘n maatskappy sal bepaald aandag trek en beslis gemonitor word.

    Inligting en intelegensie sal onvermybaar deel vorm van sou ‘n struktuur. Dit opsig self sal bestuur moet word. Nou die vraag. Hoe hou ons die sluipers uit? Hoe bedryf ons die inligting en inteligensie? In ag genome die kommunikasie strukture – hoe word dit gekommunikeer?

    Jy het nou my e-pos

  2. Anton, jou poging is prysenswaardig en ‘n stap in die regte rigting. Die gebrek aan ‘n basis dokument het net meer defragmentering veroorsaak.

    Dirk, baie wyse kommentaar, hoe meer mense betrokke raak, hoe meer issues sal ons kan aanspreek en oplossings voor vind.

    Anton, wat is jou idee en hoeveel tyd en energie is jy bereid om te spandeer om al die opsies en gedagtes te formuleer.

    Jy het my epos, laat my weet hoe ek kan help.

  3. S0nia

    Hierdie is ‘n konsep wat beslis kan werk. Met fyn beplanning kan ons alles oorkom. Omsigtigheid is egter die wagwoord. ADT en CHUBB en die ander sal nie terug sit en niks doen nie.

    Anton – ons het verkerde voet begin maar dit kan ok oorbrug word.