2010
04.22

Baie Afrikaners sou saamstem dat veral die liberale, Engelse pers en media, maar ook die slang in eie boesem, Naspers, Afrikaners dikwels uiters vyandiggesind is. Dié media sal geen geleentheid om Afrikaners in ‘n swak lig te stel, laat verbygaan nie. Die oomblik toe die moord op Eugene Terre’Blanche die voorblaaie tref, is al wat ‘n oorsese nuuskanaal vol met beelde van die AWB en sy uit-en-uit Nazi-agtige simbole. Die boodskap was nie eens subliminaal nie; dit het jou oor die kop gemoker: “Afrikaners is Nazi’s.”

Die aanbieders wat ‘n sogenaamde e-TV onderhoud met die AWB se André Visagie gevooer het, was ook nie daarop uit om die feite te hore te kom nie. Nee, die ousie se uiters vyandige trant was uit en uit ontwerp om Visagie uit te lok, en dis presies wat hulle reggekry het. Goddank ek is nie iemand wat in die openbaar hoef te praat nie, of onderhoude met die media te doen nie, want niks sou my groter genot verskaf het as om oor die tafel te leun en haar ‘n klap toe te dien wat haar kop sou laat tol het nie.

Ek is weliswaar die spreekwoordelike beste stuurman wat aan wal staan, maar bostaande is juis een van die groot probleme wat Afrikaners het. Ons spandeer hopeloos te min aandag daaraan om ons beeld te poets. Beide André Visagie en ekself is nie mense wat in die openbaar moet praat of onderhoude met die media moet doen nie. Jy kan jou nie (soos ek sou en Visagie het) vererg vir die ousie as jy die openbare gesig van ‘n beweging of organisasie is nie. Dink wat jy wil van die Mulders se politiek, maar jy sal nóóit sien dat dr Mulder ooglopend sy humeur verloor nie.

Te dikwels vind mens egter segsmanne vir Afrikanerorganisasies wat amateurs is wanneer dit by praat in die openbaar kom, mense wat nie formele opleiding gehad het daarin nie. Ja, ons is trots Afrikaans, maar dis geen verskoning om jou Engels hopeloos op te foeter as jy in Engels ‘n onderhoud moet doen nie. Al wat dit regkry, is om Afrikaners nog dommer te laat lyk, en dit speel op sy beurt reg in die hande van diegene wat ons in ‘n swak lig wil stel.

En dan die gewraakte AWB-simboliek. Slegs die mees naïewe sesjarige sou glo dat die AWB se vlag, saluut en simbole nie bykans identies is aan die Nazi’s s’n nie. Daai bog dat die swastika-agtige 777-simbool nie op die Nazi’s se hakekruis sou sinspeel nie, glo selfs nie eens die mees gestremde aanhoorder daarvan nie. Daardie simboliek doen oneindige skade aan die beeld van Afrikaners as dit op CNN en die BBC uitgesaai word, tot op die punt dat ek begin wonder of die samesweringsteorieë wat lui dat die AWB deur die NP gestig is juis om regses te diskrediteer, nie tog waar is nie. Om nou ‘n rugbymetafoor te gebruik: Dis asof jy jou opponente die bal gee en hulle uitnooi om jou doellyn oor te steek.

Ja, ons stem almal saam die media is ons vyandiggesind, maar dit help nie ons doen ons eie saak self nog meer skade aan deur hulle in hul kwaad te sterk nie. Gaan soek gerus na American Renaissance se Jared Taylor op YouTube. Gaan kyk hoe kalm, beredeneerd en professioneel kom Taylor oor tydens onderhoude en debatte. Sy standpunte word ook, nes Afrikaners s’n, onder druk geplaas, en hy is dikwels die teiken van naakte haat vanuit die geledere van die linkses.

Dus: laat staan daai Nazi-simboliek. Klop die media met sy eie spel. Gaan koop vir jou ‘n ordentlike pak klere en laat staan die Veldfokus-hempies vir braais met jou vriende. Gaan loop om hemelsnaam ‘n kursus in effektiewe openbare kommunikasie en toesprake, meneer die Afrikanerleier. Kies ouens wat op hulle voete gaan kan dink en nie hulle humeur gaan verloor nie as die openbare aangesig van jou organisasie.

7 comments so far

Add Your Comment
  1. En het jou stukkie skrywery enige bydrae gelewer tot die beeld van wat jy noem Afrikaner?

    Ten minste is jy eerlik: ” die beste stuurman staan aan wal!”

    • Mag so wees, maar die vraag is: hoe kan iemand wat te veel van ‘n lafaard is om hetsy sy volle naam, hetsy ‘n geldige epos-adres te verskaf, ander mense wil kritiseer? Lekker vir die Klippieskommando en hulle lafhartige lede. Kom, Dirk (of wat ook al jou ware ou naampie is), toon vir ons almal welke formidabele bydrae jy te lewer het tot die saak van Afrikaners deur genoeg mannemoed te toon om jou geskrifte onder jou eie naam te publiseer. Stuur vir my ‘n geskrif met jou regte naam daaronder geteken, en ek belowe ek publiseer hom hier op my blog.

      Weddenskap aan al die ander lesers: daar is nie ‘n manier dat Dirkie dit sal doen nie.

      • Anton
        Dankie vir die geleentheid en uitnodiging. Dit is voorwaar ‘n riem onder die hart dat dit wel gerig was. Ek sou egter van mening gewees het dat jy ten volle instaat sou wees om my e-pos adres te kon naspeur of ten minste my IP adres. Ek het my egter misgis. Ek het veralgemeen – sien. Dit opsig self was ‘n fatale fout aan my kant. Dit is nie alle ouens wat hulle rekenaars in die opsig onderhou nie. Ek doen dit ook nie so moenie bekommerd wees nie. Daar is wel ander wat dit doen!
        Wil jy en al jou lesers werklik my persoonlike opinie in die verband aan hoor? Ek glo opreg dat dit geen aan klank by 99.9% van jou lesers sal vind nie.
        Sien, wat ek met jou kon regkry is ons veronderstel om met die hele volk te kon doen. Dit is egter nie so maklik nie. Dit is juis bewyse van afkrakery en beledigings wat ons dryf om meer vervreemd van mekaar te raak. Ons wil tog nie betrokke wees nie. Die Afrikaner is nie so nie! Hoe kan ons met daardie assoieer word!
        As ons mekaar dan die koue skouer gee, wat bly oor? Niks my vriend, behalwe dat jy in jou diep binneste wonder wanneer ek die slagofdfer gaan word? Hierdie ingekeerde houding en vrees van die Afrikaner moet eers totaal afgebreek word! Ons moet naak voor mekaar staan. Gelyk gemaak deur ‘n gemeenskaplike vyand, wat erken kan word as die vyand. Die revolusie is nie iets van die verlede nie. Let op – hier is nie ras gekoppel nie! Daardie status vlakke wat byna onoorbruglik tussen volksgenote staan sal altyd ‘n steen des aanstoot wees.
        Solank ek nog so ‘n biedjie kan kruip om myself te kan handhaaf, solank ek nog ‘n pennie iewers kan uitwurg, solank ek die slagoffers miskyk (lewend en dood), solank sal daar geblaf word. Solank daar “bekeerlinge” onder die volk rondloop met hulle bydra tot die val van apartheid op die mou te koop so lank sal dit neem om die Afrikaner se beeld te verander. Dit is sulke dinge wat die gemiddelde ou se brein nie mooi kan verwerk nie. Waar kies hy om reg te kies? As skrywer behoort jy te weet hoe almal alles vir soetkoek opvreet. Die ou wat gese het die pen is magtiger as die swaar het begin met breinspoeling. Dit is nie almal wat buite die boks kan lees nie! Die pen is die magtigste verdraaier van die waarheid.
        Die Afrikaner slagoffer wat sy werk verloor het weens regstellende aksie is nie bekommered oor die volgende ou se gruwelike dood nie! Hy is meer bekommerd oor die volgende bord kos. Die ou wat in ‘n veiligheidskompleks sit dink selde in dien ooit aan die mede Afrikaner se leiding. Sy ingesteldheid is totaal anders.
        Die plaasboer is meer bekommered oor sy stukkie grond wat by hom af gevat sal word as wat hy enigsins om gee wat met die res van die wereld gebeur. O, ja dan word plaasaanvalle aan die grootklok gehang. Ek sou dink dat jou blog se naam impliseer dat jy sou kon bewys dat die aanvalle op die totale Afrikanerdom inderdaad op volksmoord neerkom en dat plaasaanvalle maar ‘n klein fraksie van die werklike prentjie is. Die media is so selektief om die werklikheid te weerhou dat niks na iets lyk nie. Ag wat is al die moorde en verkragtings in dorpe en stede belangriker as ‘n plaasmoord? Dit haal dan nie eers meer die koerant nie! Ons huigel, man!
        Ek daag jou uit om die volgende te doen:
        Trek jou oudste en vrotste klere aan en besoek ‘n privaat doketer. Ek waarborg jou daardie ou se verstand gaan staan stil as hy enigsins onder die indruk kom dat jy hom nie sal kan betaal nie. Hy stuur jou na ‘n staatshospitaal. Jy kon geen bydra lewer tot sy volgende jagekskursie nie.
        Doen dit met enige ander Afrikaner in ‘n professionele beroep en sien hoe die deure vir jou toeklap.
        Ek gee my tiende, ek gee skenkings wat ek teen belasting vehaal, solank ek net nie verloor nie. Dan boonop sal ek BEE en AA en wat nog, solank die pennies kom! Moet my tog net nie meer vra of meer van my wegvat nie!
        Dit is wat die Afrikaner geword het! ‘n Sleg wereldburger!
        Geen politieke bestel gaan dit verander nie! Geen kritiek gaan dit verander nie. Geen beeld poetsery gaan dit verander nie.
        Vra jou mede Afrikaners om summier uit die ekonomie en ander fasette van die huidige samelewing te ontrek. Sal hulle? Ek twyfel sterk! Hulle is nie nou bereid om enige offer te bring nie, sal hulle dit ooit doen?
        Elkeen van ons, ek en jy en jou lesers loop ‘n smeltkroes binne. Ons sal van alles gestroop word. Grond- sowel as eiendomsbesit. Werk en bankrekenings, ja alles. Niks menslik sal dit stop nie! Die revolusie is aan die rol! Of ons in massa lewend daarvan sal afkom betwyfel ek.
        As ons hierna dan gelyk staan, sal die Afrikaner vir die eerste keer met die korrekte motief kan optree! Daar bestaan geen aanduiding dat die Afrikaner saamkom met die korrekte motief nie! Ons wil beskermingsbendes stig en self poliseer en wat de drommel alles nie! Wat is dit anders as die AWB sonder die 777? Solank die informante netwerk nie afgebreek word nie solank sal selfs so ‘n opsie nie werk nie! Dit kan egter nie. As ek Saterdae gras moet sny en wasgoed was en stryk wanner sal ek kan rugby speel van die leunstoel af – met so ou kouetjie in die hand -?
        Solank groep en klasbelange beskerm word, solank sluit ons, ons van mekaar af.
        Soos jy die AWB of enige ander verregse party as swak beeldbouers uitbeeld wil ek die totale Afrikanervolk insluit betreffende sy daaglikse handel en wandel. Hulle vernietig hulselwers deur hulle eie optrede! Deur in hulle kerke rond te le en hulle aan verdraaide humanistiese en kommunistiese breinspoelings onderwerp te wees! Deur hulle klasstelling – sommiges sal ook nie openlik wees oor hulle skielike rykdom nie.
        Daar is net teveel dinge wat die Afrikaner weerhou van samehoorigheid!
        Het ek weereens die flater van veralgemening begaan? Nee! Ons is almal wereld burgers.
        Daar is een gedagte wat ek by jou en jou lesers wil los:
        Openbaring 18:4 … Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag he nie en van haar plae ontvang nie.
        II Kor 7:14 tot 18 as ook Jes 52:11 tot 12 is insgelyk van toepassing.
        Daar is geen politieke skikking wat ons gaan red nie. As die rykste land aan grondstowwe wil die wereld sy hande daarop le. Die Afrikaner verhoed hom. So daar sal geen hulp wees nie. Geen gepoetste beeld sal daar ‘n effek he nie. Daar sal geen hulp vandaan kom nie.
        Hierdie is wel my bydrae wat ek sal bly verkondig op elke forum wat ek kan kry. Ons heil is in bekering! Bekering tot die Almagtige Vader en Sy genade offer vir ons, Sy enige bore Seun. Ignoreer dit of kraak dit af en dit is verby! Iewers sal dit deurdring!
        As al die Mighty Men saamtrekke nog nie vrugte afgewerp het nie, dan is ons nog nie op die regte pad nie. Meer hieroor op ‘n volgende keer. So ons moet die ou weg eers soek en daarop terugkeur voordat iets gaan werk! Wat is hierdie ou weg in die Afrikaner se geskiedenis?
        Verskoon die spelfoute. Ek is nie ‘n puris nie en tik met tien duime.
        Dirk Hall
        halld@vodamail.co.za

        • Nee, ek dink nie jy verstaan nie.

          1. Ek het beter dinge om met my tyd te doen as om jou IP-adres op te soek. Siende dat jy telkens tot op die persoonlike vlak daal, sal ek maar dieselfde doen: ek weet nie wie jy is nie, het nog nooit van jou gehoor nie, en beskou jou gevolglik nie as belangrik genoeg om tyd aan te spandeer om op te spoor nie. Jammer om nou jou misplaaste grootheidswaan se seepbel te prik.

          2. As die heel beste idee is waarmee Afrikaners vorendag kan kom is om die AWB se swastikas af te stof, verdien ons om deur die ANC onderdruk te word.

  2. Dag Anton,

    Jy’t lanklaas ‘n stuk geplaas…al begin wonder of Cele se manne jou geskep het :-)

    Die AWB is/lyk soos ‘n klomp Boere Nazi’s en hulle bedonner die werke, ek stem 100% saam daarmee. Ons moet dus net so versigtig wees vir die Europese neo-Nazi’s. Ek sien Dan sleep vlerk by die Sweedse skinheads…’n strategiese flater in my boek. (Laat hulle raas en die kollig op SA plaas, dis goed so, maar ons mag onsself nie met hulle assosieer nie)

    Groete van huis tot huis!

    Eksteen

  3. Baie dankie Mnr Barnard

    Dit is weereens soos ook u vorige skrywes so ooglopend waar, dit kort net iemand om dit te bewoord en te versprei.
    Ek het op allerhande forums (Europese) gelees, waar, juis dit wat u aanraak oor die kleredrag by ´n eerbetoon vir mense opgeval het, en hulle hulle misnoe daaroor geuiter het. Ek sou so ver gaan en sê al kan nie almal pakke bekostig nie ´n netjiese donker broek en wit hemp hoef nie duur te wees nie.

    @Mnr Eksteen
    Wanneer u in Europa kom en u het lank genoeg in S.A. gesukkel dan kom u agter dat die blanke ras besig is om uit te sterwe, vanwee die westerse regerings.
    ´n Tydjie gelede het ek die voorreg gehad om ´n Fransman te ontmoet, wat in sy jong dae tydens die aanbewind plaasing van Nelson Suid-Afrika getoer het, met die hoop om die blankes te kan by staan, ingeval van´n rasseoorlog. Volgens die man, wat nie vir my gelieg het, was daar ten tye duisende soos hy, van hulle het hy weer in Bosnie raak geloop en sy aan sy met hulle teen die Bosniers geveg.( Miskien is baie van hulle skinheads , ek weet nie?) Die Bosniers is Albane wat Kroatiese en Serwiese grondgebied oorgeneem het oor hulle dieselfde as wat die nie-blankes in SA, soos konyne vermeerder het. Bosniee is deur Europa en VSA (NAVO-magte) sowel as die moslem lande, ondersteun.
    Ek dink vandag maak dit nie meer saak nie, elke bondgenoot tel, ook oor hulle belangstel aan die lot van die blankes in S.A. en daar duidelike parallelle regoor die wêreld te siene is. Die hoofstroommedia, wêreldwyd, kan ´n mens net soos in Suid-Afrika vergeet, hulle sal nooit en nimmer eerlik oor Suid-Afrika berig lewer nie. Wat belangrik is, is dat die jong mense oor S.A. ingelig moet word, en die jong klomp in Noord-Europa is nou maar ten grooten deels regs.
    Inteligente Skandinawiers en Duitsers is wel instaat om Afrikaans te lees, dit weet ek, want ek het met Noorweers gewerk.(Afrikaans is die jongste Germaanse taal)
    Wat die AWB tekens betref stem ek heeltemal saam, dit doen afbreuk, waarteen die geskiedkundige Transvaal en Vrystaat vlae goed is, want dit herinner aan die Boererepublieke wat in hulle tyd deur die wêreld as onafhanglike staate erken is.

  4. Kjære Gunnar,

    Du har en veldig norsk navn…er du nordmann? For øyeblikket boer jeg i Tromsø (nord-Norge)…jeg jobber her som kjemiker på universitetet.

    Maar kom ons slaan oor na Afrikaans…

    Die punt wat ek wou maak is bloot dat die Afrikaners ALLE neo-Nazi groepe (AWB, SRM ens) moet vermy. Wat is die punt om die AWB te vermy, maar om dan hand om die blaas met Sweedse skinheads te wees? Die skade aan ons beeld (dit is mos eintlik waaroor Anton se skrywe tog gaan) sal immers dieselfde wees. Die feit dat hierdie groepe die res van Europa op die walglike situasie in Mzansi attent maak is ek egter ewig dankbaar voor.

    Dat ons uitgeteel raak is egter waar en dit breek my hart elke keer as ek ‘n mooi Norweegse blondine as die sy van een of ander swart nerf sien. Maar ek moet nou eers gaan…is laat vir werk.

    Ha en god helg!