02.03
Die onderstaande skrywe is deur ene Thinus Nel aan Sênet gestuur, na aanleiding van ‘n gesprek op die Praagwerf oor Orania. My repliek op sy skrywe volg heel onder. Lees terloops ook een van die Mail & Guardian se bloggers se perspektief oor Orania.
Anton, aangesien PRAAG weier om my onderstaande brief aan jou te publiseer, hoop ek jy lees dit hier.
Ek dink SM Biehl se kommentaar op my vorige Orania-Obamaskrywe getuig van soveel gesonde verstand dat dit nie as gevolg van die oënskynlik vlietende aktualiteit van internetgeskrifte ongesiens verlore mag gaan nie; hy skryf:
“Uitstekend. Jy slaan die spyker op die kop. Uiteindelik is die volkstaat-debat na baie jare se stilte weer aan die gang. Wil ons die foute van die verlede herhaal (1994-1999), toe die geleentheid daar was en die verskillende volkstaters onder mekaar baklei het waar dit moet wees? Die demografie het reeds besluit, en die feite op die grond. Die ANC-regering het ook reeds aangedui dat die Noordwes-Kaap opsie vir hulle legitiem is (minister Valli Moosa). Dink iemand ernstig ‘n regering sal hulle hoofstad afstaan? Ongeag hoeveel Afrikaners in Pretoria bly en hoeveel sentimente daaraan gekoppel is (en ek het dit ook en is ook ‘n oud-Pretorianer), geen regering sal sy magsentrum prysgee nie. As jy van iemand ‘n pont vleis eis, of ‘n stuk van sy liggaam, wat sal hy eerder vir jou gee, sy hart, of sy kleintoon?
Laat ons nie nou weer die kans op selfbeskikking laat verbygaan deur al weer die gevegte van die verlede te veg oor die grondgebied. Dit is duidelik dat dit of in die Noordwes-Kaap of nêrens sal wees nie. Ons is in 2010, nie meer 1980 nie.”
Verder wil ek graag op Anton Barnard se dooddoener-vraag aan my (en johanneksteen) reageer deur hom na laasgenoemde se antwoord daarop te verwys, maar voordat hy in onkunde weer sanik dat ek hom nie antwoord nie, die volgende:
Ek het dit in my oorspronklike brief duidelik gestel dat ek géén opdrag van Orania het nie en ek is dus nié ‘n Orania-fên (sic) nie.
Hy is egter nie die enigste een wat gebruikmaak van sulke niksseggende, dooddoener-vrae en stellings waarmee hulle alle verdere bespreking en debat probeer fnuik nie. ‘n Baie bekende een is: “Apartheid het nie gewerk nie en sou nooit gewerk het nie – daarom móés ons verander … ”
Vandag is dit méér as duidelik dat apartheid nie net die oplossing vir SA was nie, maar vir die hele Westelike halfrond en as mense dit nog nie besef nie, sal hulle oë binne afsienbare tyd oopgaan – altans in die sekulêre Frankryk en die res van Europa – wanneer dit, helaas, ook te laat sal wees.
Hoe dit ook al sy, aangesien niemand so blind is soos dié wat nie wíl sien nie, so doof soos dié wat nie wíl hoor nie en so dom soos dié wat nie wíl verstaan nie, sal ek aan hom verduidelik:
Ek woon nie in Orania nie, omdat daar nog nie genoeg werksgeleenthede is dat Afrikaners in hulle duisendtalle op die plek kan toesak nie. As hy bekend is met die begrip “werkskepping” (“job creation, stupid” – selfs Obama het al daarvan gehoor … ), dan sal hy besef dat dít prioriteit nommer een is; vandaar dan ook die poging om Europese nywerheidsproduksiemasjiene na Orania oor te plaas – waaroor hy natuurlik nog steeds so stil is soos ‘n muis in ‘n kalbas.
Ek het wél via my kontakpersoon (wat tans verkies om anoniem te bly) verneem dat sy Vlaamse kennis hom intussen meegedeel het dat daar ook hout- en metaalbewerkingsmasjinerie beskikbaar is teen baie billike pryse en dat die inligting opgevolg word.
Wat die oorspronklike metaalpersmasjiene betref, kan ek op hierdie stadium rapporteer dat my kontakpersoon, ‘n Vlaamse medewerker en die Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging op 18 Maart 2010 om 10h00 in Brussel ‘n afspraak het met die hoof uitvoerende beampte van die betrokke metaalpersfabriek.
Sedert ek Gustav Venter, Anton Barnard en Dan Roodt ‘n ruk terug “genomineer” het as driemanskapleiers”, moet ek nou toegee dat ek spyt is daaroor.
Van eersgenoemde hóór ‘n mens nie meer nie en laasgenoemde twee openbaar deesdae iets wat grens aan haat vir doodgewone Afrikanereienskappe. Anton Barnard verfoei die behoudende ooms en ouderlinge wat (tereg) bang was TV sou morele waardes ondermyn.
Ek weet nie hoe goed hy die uitnemende Frankryk ken nie, maar ék kan hom die versekering gee dat ek dit al die pad sal verkies om onder die morele waardes van die ooms en ouderlinge van Orania te krepeer, soos in die Ou SA.
Ek verneem graag van hom hoe oud hy was met die invoering van TV in SA in die jare 1975/76 en, weer eens, op welke manier sý vryheid van meningsuiting in die Ou SA deur die regering aan bande gelê is.
Net soos hy nie kan onderskei tussen die begrippe “geloof” en “godsdiens” nie, kan hy ook nie onderskei tussen werklikheid en verbeelding nie – vandaar sy heftige bestorming van onbestaande windmeule, byvoorbeeld wanneer hy johanneksteen beskuldig van ‘n persoonlike aanval (nota van Anton: Tinus lieg soos ‘n tandetrekker en hou hom lekker hoogheilig hier. Gaan lees gerus die draad op die Praagwerf waar Johann my met Tim du Plessis vergelyk, of selfs die aanmatigende trant wat Johann besig op kommentare op hierdie blog. Wat ook baie snaaks is, is dat hy ontken dat dit persoonlik raak, maar kyk net wat skryf hy in hierdie brief.) Dit is inderwaarheid hý wat mý en johanneksteen persoonlik aangeval het – nie dat ek my daaroor bekla nie.
… en aan diegene wat so snedig, vyandig en hatig is teenoor mense wat SA verlaat het:: in die trekgeskiedenis van die Afrikaner, eers van die Wes-Kaap na die Oos-Kaap en daarna, met die Groot Trek, het die oorgrote meerderheid nie die moed van hulle oortuiging gehad om pad te gee onder ‘n Afrikanervernietigende regime uit nie – die trekkers wél.
Daar lê so-by-so te veel van my bloed en ‘n beduidende deel van my linkerbeen in die bosse van Suid-Angola om my verder aan kabouters en kansvatters te steur.
Thinus Nel
My repliek op sy brief:
Jy is omtrent kwaad vir my, ou Thinus! Ek gaan egter probeer om op die feite te fokus, eerder om jou as persoon aan te vat soos jy in jou skrywe met my gemaak het. Ek kan jou nie juis op daardie vlak aanvat nie, al wou ek, meestal omdat ek jou van g’n kant af ken nie, nes jy my ook nie ken nie. Ek sal my dus weerhou daarvan om jou ook as ‘n kabouter of wat ook al te beskryf soos jy in jou brief gemaak het.
Eerstens: ek het geen beheer oor wat op die hoofblad van die Praagwerf geplaas word en nie geplaas word nie, net so min as wat ek kan beheer wat op Sênet geplaas word. Dus is ek onskuldig op die klag dat jou brief geweier is. Wassie ekkie! Tweedens: jy teer nou vir Gustav en Dan met dieselfde kwas as my, maar Gustav het onlangs by die Orania-groep op Facebook gaan aansluit, en nie een van hulle het betrokke geraak by die debat waarby ek en jy betrokke was nie.
Die eerste stelling wat in jou brief verskyn wat skrei van die onakkuraatheid, is hierdie een: “Die demografie het reeds besluit, en die feite op die grond.” Nee wat, dis nie net onakkuraat nie, dis sommer pleinweg ‘n lieg. Die demografie het wel hard gepraat, en sê luidkeels die noorde van Johannesburg, die Oosrand en Pretoria bevat die grootste konsentrasie Afrikaners in die land. Enkele voorstede van Centurion bevat meer Afrikaners as wat daar in die ganse Noordkaap is. Word gerus weer kwaad, maar wees minstens vir die regte persone kwaad: diegene wat kies om in daardie gebiede te gaan woon agv die ekonomiese geleenthede daar. Daar is geen manier dat sowat 2.5 miljoen Afrikaners na ‘n woestyn sal verhuis nie.
Ek het nooit voorgegee jy is ‘n amptelike segsman wat deur Orania afgevaardig is nie. Jy woon dan nie eens daar nie. Beide jy en die Johann waarna jy in jou brief verwys, is wel groot Orania-fêns, sou ek sê. Waarom anders sal julle so warm onder die kraag raak vir my wat uitwys dat die keiser kaal is? My dooddoener vraag waarna jy ook verwys, vir die ander lesers, is: Waarom woon julle nie reeds daar nie? Soos jy bevestig het, woon jy nie daar agv die feit dat jy elders ‘n werk het en daar nie tans geleenthede op Orania is nie. So ook het Johann wel geëmigreer, maar Europa toe en nie na Orania toe nie. Weer eens, waarom as julle so sterk voel oor die saak, voeg julle nie daad by die woord en gaan vestig julle daar nie? (Retoriese vraag!) Die antwoord is natuurlik dat julle presies dieselfde sommetjie maak as almal behalwe die 1500 of so wat wel op Orania woon. Dis blote ekonomiese eiebelang en niemand kan julle blameer nie. Jy was egter nie bereid om my ‘n paar weke gelede ‘n reguit antwoord te gee op die gespreklyn van die ander werf nie. Dus is dit steeds ‘n geval van: “Moenie maak soos ons maak nie, maak soos ons sê.” Jy voel baie sterk oor die saak, maar slegs waar dit ander mense aanbetref.
Dis andersyds goed dat Orania wel nywerhede wil vestig. Hopelik gee dit vir ‘n paar werklose Afrikaners werksgeleenthede. Dis nou as die mense wil werk, moet ek helaas byvoeg. Ek het gerugte gehoor, en ek weet nie of dit waar is nie, dat ‘n gedeelte van Orania se oes van neute aan die bome vrot geword het, omdat daar nie mense was wat bereid was om dit te oes nie. Kom ons veronderstel egter jou Vlaamse kennis is suksesvol en Orania stig ‘n paar fabrieke. Ek is steeds nie seker dis die regte benadering nie. Gaan Afrikaners bereid wees om sulke werk te doen teen lone wat met die Chinese en Indiërs kan meeding? Hande-arbeid is volop in Suid-Afrika en op die Afrika-kontinent. Afrikaners se mededingende voordeel is ons kundigheid in die dienstesektor, byvoorbeeld mediese dienste. Sou dit nie eerder sin maak om ‘n kliniek op Orania te stig wat gespesialiseerde operasies bied nie? En as jy dit wil doen, waarom dan nie eerder visvang waar die visse is nie, en een in Pretoria-Oos bou nie, wat nie sal vereis dat Afrikaner-dokters na ‘n woestyn verhuis nie?
As jy skryf dat ek die ou ooms verfoei, moet ek bieg dat ek op my leeftyd self een van die ou ooms is Mense van dertig noem my al oom. As ek ou ooms verfoei, verfoei ek myself dus ook. Ek sal wel toegee dat ek eerder in Australië sou gaan woon as om in ‘n Afrikaner-teokrasie te moet bly. Ek hou nie van gedagtebeheer nie, al is dit Afrikaners wat dit op my wil toepas.
Ek ken volgens jou nie die verskil tussen geloof en godsdiens nie, maar ek ken wel die verskil tussen stront en modder, en die volgende stelling van jou is nie laasgenoemde nie: “Ek verneem graag van hom hoe oud hy was met die invoering van TV in SA in die jare 1975/76 en, weer eens, op welke manier sý vryheid van meningsuiting in die Ou SA deur die regering aan bande gelê is.” Kom nou, Thinus! Jy weet baie goed jy praat die grootste snert denkbaar. Gaan vra gerus vir Donald Woods of hy vry was om destyds sy mening te lug. Daar was Engelse troepe saam met my in die weermag wat nie gekeur is vir offisierskursus nie, bloot omdat hulle tydens hul studentedae ‘n artikel of iets dergeliks in die kampus se koerant gepubliseer het, wat die regering gekritiseer het. Benewens die gebrek aan ekonomiese geleenthede is dit nog een van Orania se probleme. Daar is ‘n wydverspreide persepsie (regverdig al dan nie) dat Orania juis deur ‘n soort Afrikaner-teokrasie beheer word, en eng godsdienstig is.
Laastens: ek gun Orania sy bestaansreg en het vrede daarmee as iemand hulle daar wil vestig. Ek het geen vendetta teen Orania of sy inwoners nie. Ek het wel ‘n probleem met diegene wat om Orania en die Noordkaap probeer voorhou as die laaste kans op selfbeskikking. Ongelukkig is daardie koppeling, tussen Orania en selfbeskikking, agv die waninformasie wat mense soos jy versprei alreeds tot so ‘n mate gevestig dat bykans elke rubriek in die pers, o.a. Tim du Plessis s’n, Orania en die volkstaat of selfbeskikking amper as sinonieme gebruik. Dit is dikwels moedswillig. Omdat Orania nie na verwagting gegroei het nie, word dit dikwels as getuienis aangevoer waarom selfbeskikking doodgebore sou wees. Om hierdie rede is Orania helaas ‘n las eerder as ‘n bate vir die gedagte van selfbeskikking.
Interesting,
I don’t understand most of Thinus post, so wont comment thereon, but I do understand, I think: * Thinus thinks NW Cape is the only option for Volksstaat; and you think its possible a Volksstaat could occur in Guateng, where majority of Afrikaners live and are majorities.
Frankly, if it was possible in Jhb, I would wish them all the best; and not having been there for years, I don’t know how people feel on the street; but personally I would rather live in a Orania (with all its drawbacks) than a Gauteng. But thats just me, and some of my own personal biases, for dislike for the superficiality of big cities and fake people. So I am biased in that.
I also don’t see the ANC going to be willing to give that up, nor the Gautengers going to be willing to fight for it. But again I could be wrong.
About the NW Cape, I agree jobs are needed there, but I must say when I was there, I never struggled to find work. Yes it was cheap, but my grandmother always said, there is nothing to be ashamed about being poor, there is to be dirty or to be a hypocrit.
Finally, personally I wish I was wrong and will be happy if proven wrong, but a friend of mine says that much as white south africans have suffered, many have not suffered enough to confront what needs to be done. they are still typepad warriors.. all talk and not much action. They will only wake up and do what needs to be done, when their blood really starts flowing… much as he regrets that possibility.
Another thing… the north west may be a dessert, but perhaps something can be learnt from isreal’s commitment to reclaim the dessert (which is far worse than the NW Cape dessert), with kibbutzim etc.
Either way.. I think the conversation is good, and all options need to be explored. Years ago when I was in Greenpeace, we had brainstorming sessions on tactics and strategy.. and all ideas were allowed, no matter how crazy.. often an initial crazy idea, would be the spark for another idea.. and another, until finally the original idea has morphed into a workable plan, that never would have been considered in the first place, but for the original crazy idea.
Finally a question. Thinus says:
Die ANC-regering het ook reeds aangedui dat die Noordwes-Kaap opsie vir hulle legitiem is (minister Valli Moosa).
Is this true??? First i heard of it… would be very interested if it is.. Where could i verify?
I posted the following comment to: Orania Tourism: Come Gawk at the Racists:
————————————————————————-
Wow…
I used to live in Orania… Unlike Mr. McNally I arrived with a scientific experimental view, not preconceived hate for Afrikaners, to prove how they were white trash, and worthy to be treated as white kaffirs…
Maybe thats just cause I am a bit galileo jefferson innocent until guilty, benefit of the doubt constittuioanlly rule of law minded..
Orania wasn’t perfect, nowhere is; and I spent 14 years travelling the world with a backpack so i may know a bit….. but in Orania I never locked my door, I never was robbed. I met some of the most interesting people I have ever met in South Africa. Its amazing what conversatiosn occur when you are surrounded by honest people, instead of take two faced liberals, attempting to prove their ‘I am a white ANC cadre’ credentials..
Frankly its quite possible Orania is one of the few, if not the only town in South Africa that practices ‘Truth/Honesty’… a very refreshing change from the Black Power Rainbow Nation of Truth and Reconciliation Mass Murder, Rape, Torture and Hypocrisy…
But if you are one of those who believe in the current politically correct fashion of hating what yo perceive to be the afrikaner white kaffirs.. then you’d probably agree with Mr. McNally!
Post by White Refugee on Wednesday, February 3, 2010 at 21:34 hrs
——————————————————————————–
White refugee: my view on Orania has got nothing to do whatsoever with the people who live there (I said as much in my last paragraph in my reply.) My problem is that people like Thinus Nel misrepresent Orania as the “last chance” or the Northern Cape “only alternative” for a volkstaat. This I reject out of hand. If this is indeed true, I would say that 99% of Afrikaners would rather go and live in Australia. My whole point is that neither Thinus Nel himself, nor Johann Eksteen whom he refers to, lives in Orania. They too made the same mental calculation and Johann chose Europe rather than Orania.
I have in any event recently come to the conclusion that a territory is probably out of the question for now. As the former chairman of the Volkstaat Council, Johann Wingard, puts it, a volkstaat won’t happen without a civil war, and this applies to both one in the Northern Cape or to one around Pretoria.
What would make much more sense is to have an Afrikaner Governing Council, similar to the Palestinian Authority, which would be a virtual government for Afrikaners. Something like this would encompass all Afrikaners, and not only the 700 citizens of Orania.
Getting back to your comment about “white ka*ffirs”. I come from humble origins – none of my parents even wrote matric, so I can hardly look down upon others, but I have heard rumours that there are those that view the inhabitants of Orania’s Kleindorp as such. Those that do so, according to the rumours, are in fact and surprisingly the inhabitants of another bit of Orania called Grootdorp. The leadership lives in Grootdorp. Apparently there is discord because Grootdorp’s people look down on the Kleindorp people and view them as mere labourers.
Anton,
My comment to Mr. McNalley had no reflection on anything you said, only on what he said.
I may not have agreed with all you have said, but I have found your ideas to the Secession conversation very interesting and worth reading and pondering. My favourite on the issue of Secession and Self Determination remains Mike Smith, I find his ideas the clearest and most straightforward, but I have really enjoyed, and intend to continue, reading yours.
Some people call another person a kaffir, purely because they are looking for some excuse to consider themselves superior to another; others because they actually think they are superior to another.
The term kaffir being abstract, means of course many people have different definitions for what the word means.
I prefer the definition of “someone who knows the truth, but intentionally conceals it”; i.e. a liar, a deceiver.
Others use the term as some kind of savage or lower form of life; to demonstrate their own superiority. That was the interpretation I got from Mr. McNalley, that he thought he was superior to the Afrikaner white kaffirs of Orania.
When it comes to speaking english Mr. McNalley may be superior to Orania kaffrirs, when it comees to building a town, without crime; Orania are way superior to Mr. McNalley who is then the kaffir.
When it comes to finding a journalist who writes from a place of impartiality, from going somewhere with an open mind; to make an impartial enquiry, and to report both sides; I find Mr. McNalley’s article extermely inferior. If being a kaffir journalist is to be incapable of setting aside your own prejudices and bias, to make an impartial enquiry; then I find Mr. McNalley’s article to be of the Kaffir Gold Medal variety. It does not appear from his article that he gave a flying rats ass about such principles, as ‘rule of law’, or ‘benefit of the doubt’ or ‘innocent until guilty’.
So, not sure if that explains more, but htat is where I am coming from.
Don’t know if you noticed, by Mr. McNalley also censored my comment.
Een ding is seker – vir Orania om te oorleef (ENIGE ander volkstaat ook) is dat dit moet goedere produseer wat die wereld wil koop. Verder moet jy ‘n manier he om die materiaal daar in en daaruit te kry – lugvrag is doodeenvoudig te duur en om omring te wees soos Lesotho en Swaziland te riskant.
Dit is waar wat Anton hierbo se dat ons mense nie bereid is om handearbeid te verrig nie – daar is egter van ons volksgenote wat nie die vermoe het om ander werk te verrig nie. Dan is daar ook diesulkes tussen ons wat handearbeid (ja selfs jou eie bed opmaak) verfoei. Hande arbeid is as “laag” gesien, tegniese skole is altyd afgekraak as die “dom” skole en ja my eie familie het gevra of ek “stadig” is dat ek teniese skool toe is!
Die ekonomiese realiteit in die wereld is dat mense goed koop – die nuwer tipe ekonomie op dienste geskoei moet bou op ‘n goedere ekonomie. Kyk wat het Japan vermag en hulle het weinig natuurlike hulbronne.
Ons voorouers moes al verskeie kere trek na ‘n land wat vir hulle beter sou wees – eers uit Europa en toe van die Kaap af. Ja dit sal lekker wees as die huis wat ek nou besit deel van ‘n volkstaat kan word maar dink julle vir een oomblik die ANC gaan die Ooste van PTA afstaan met Mamelodi op jou voorstoep? Wat van jou swart bure – dink jy hulle gaan padgee as dit nou ‘n volkstaat is?
Word wakker!
Almal se wie wil in die woestyn by Orania gaan bly maar kyk wat het die Amerikaners met Las Vegas en ook in Kalifornie reggekry – Dit is ook eintlik maar woestyn en dit is moontlik om beskawing daar te vestig.
Om op te som:
1) Ons mense moet hul luiheid los,
2) Ons moet industrie vestig met volkseie arbeid – verkieslik hoe tegnologie omdat ons die vermoe daartoe het
3) Die groot trek weer aanpak na ‘n plek waar dit net ons mense is sodat ons dit kan verdedig.