2010
03.12

Heelwat mense is baie kwaad vir Julius Malema. Dr Pieter Mulder het ‘n klag teen Malema gaan lê by die SAPD. Steve Hofmeyr weier om saam met ons president te braai, omdat die ANC nie vir Malema in die bek wil ruk nie. Dít, en stellig ‘n titseltjie professionele jaloesie. As daar een man is in Suid-Afrika wat besiger is as Steve met die skoner geslag, is dit oom Jacob.

Met respek aan almal wat kwaad is vir Malema, ek dink hulle mis die punt. Kom ons neem dr Mulder as voorbeeld. Alhoewel hy en die VF+ hard probeer, stem minder as 200,000 kiesers vir hulle. Afrikaners is hoogstens louwarm teenoor die VF+.

Lees die res van hierdie rubriek en ander deur in te teken op my gratis nuusbrief.

2010
03.09

Dit gaan skynbaar nie goed met die VF+ nie. Dit lyk of daar lelike struwelinge agter die skerms woed by die Vryheidsfront Plus. Mense bedank links en regs uit die VF+. Op die oog af, daarenteen, lyk dit of dit voor die wind gaan met die DA. Kom ons gee die duiwel wat hom toekom: Daar is geen vergelyking tussen hoe Kaapstap tans bestuur word, en hoe dit voorheen onder ‘n ANC regime wanbestuur is nie.

Een van die heel grootste probleme wat die ANC ervaar, is dat sy verknogtheid aan die religie van rassistiese transformasie hom alles anders by die venster maak uitgooi. Mense word in stadsrade aangestel, nie omdat hulle die kundigheid het om munisipale bestuurders te wees nie, maar bloot omdat hulle swart is. So ook word alles wat swartes verkeerd doen, oor die hoof gesien bloot omdat hulle swart is. Julius Malema en Jacob Zuma se oorweldigende steun in die swart gemeenskap, ten spyte van die aantygings teen hulle, spreek luidkeels hiervan. Daar is skynbaar in die Afrika-kieser se gemoed geen sprake van toerekeningsvatbaarheid nie, want ras troef alles. Overgeset synde: Malema en Zuma kan maak nes hulle wil, want hulle is swart.

Ek begin die idee kry dele van die DA is ook besmet met hierdie transformasievirus.

Ek het Maandagoggend op RSG se Monitor-program iets gehoor wat vir my baie interessant was. Dit was in ‘n berig wat gehandel het oor die verkiesing van die DA se Weskaapse leier. Theuns Botha is weliswaar met ‘n volstrekte meerderheid verkies, maar hier is die interessante ding wat in die RSG-berig verskyn het: sowat 300 afgevaardigdes op die DA se Hartenbos-kongres het vir ene – en wag hiervoor – Lennit Max gestem!

Is dit nie geweldig interessant nie? Max, hy wat onder ‘n wolk van aantygings by die polisie bedank het, voordat hy stellig afgedank is, hy wat weer in die moeilikheid is omdat daar hernude aantygings van seksuele wangedrag teen hom is, kry steeds ‘n beduidende hoeveelheid stemme op die provinsiale kongres. Die stemmers is lede van die einste DA wat so hoog opgee oor skoon regering, goeie bestuur en dies meer, maar nietemin word daar deur hulle vir Max gestem. Weer eens: hulle striem die ANC oor wangedrag, maar 300 van hulle stem nietemin vir Max, wat onder ‘n wolk van aantygings verkeer. Waarom? Omdat hy nie ‘n blanke is nie. Snaaks hoe beginsel selfs in sekere dele van die DA ondergeskik gestel word aan ras.

RSG het nie gese wie diegene was wat vir Max gestem het nie, maar ons almal kan raai wie hulle was. Gaan die DA se aspirasies om ‘n meerderheid swart lede te kry, hom bloot in net nog ‘n Afrika-party verander, een wat eweneens met die transformasievirus besmet is?

2010
03.04

Welgedaan, Jaap Kelder!

Jaap Kelder is die voorsitter van die Nasionale Belastingbetalers-Unie. Hulle is die mense wat belastingboikotte reël wanneer die ANC-beheerde stadsrade voorspelbaar en onafwendbaar in duie stort; wanneer Jonas en Sipho, die ANC-raadslede, eerder vir hulself S-klas Mercedesse koop as om geld te verkwis op trivialiteite soos dienslewering, riolering, watervoorsiening en paaie.

(Lees die res van hierdie en ander rubrieke deur in te teken op hierdie blog se gratis nuusbrief. Teken asb hier in.)

Kennisgewing: Hierdie rubriek is NIE deur BMW geborg nie.

2010
03.03

(Besoek asseblief hierdie skakel om gereelde nuusbriewe vanaf hierdie blog te ontvang in u epos.)

Iemand soos ek wat durf skryf dat misdaad meestal van ‘n bepaalde skakering is, loop die risiko om aanhoudend as ‘n rassis uitgekryt te word. Waarom dan aanhou daarmee? Is dit masochisme aan my kant? Ek dink nie so nie. Dit gaan vir my oor eerlikheid oor die aard van die probleem. Kom ek gebruik ‘n voorbeeld. Jou hond kry aanhoudend bosluiskoors. Jy vat hom elke keer veearts toe, die veearts gee hom elke keer Berenil, en elke keer genees die medikasie die bosluiskoors. Tot die volgende keer dat ‘n bosluis jou hond byt. Totdat jy nie die probleem in die gesig staar, en die bosluise in jou grasperk begin teiken nie, gaan die probleem net aanhou.

Suid-Afrika en die VSA se misdaadprobleem is baie soos hierdie voorbeeld. Ons soek oral na verskonings, ons behandel die bosluiskoors, maar politiese korrektheid maak dat ons nie die bosluise mag of wil raaksien nie. Sien jy dit raak, skryf jy daaroor, skree die linkses eendragtig en histeries: “rassis!” Dus bly die meeste mense maar stil daaroor, en skryf misdaad aan ander dinge, behalwe die hond se bosluise, toe. Hulle is te bang om hul vinger op die ware oorsaak te lê. Meeste mense is nie so masochisties soos ek nie en het al geleer dat daar sekere waarhede is wat jy eenvoudig nie mag opper nie, want jy sal hetsy as ‘n rassis doodgeskree word, hetsy ‘n banneling uit die polities-korrekte samelewing word. Jy kan selfs jou werk en vriende verloor. Dus soek ons na allerlei verskonings en probeer naarstigtelik enige iets anders kry om misdaad op te blameer, al weet ons wat die ware oorsaak is.

Die ander dinge waarop misdaad blameer word, sluit apartheid of kolonialisme in. Hoe dan anders? As die kat kleintjies kry, is dit glo apartheid se skuld. Maar, o, gaats, Singapoer was ook eens ‘n kolonie van Engeland en toe van Japan. Hoe lyk Singapoer se misdaadkoers vergeleke met SA s’n?

Armoede is nog ‘n gunstelingverskoning. Goed, werklose mense sal logieserwys kos steel om te oorleef, nie waar nie? Nie in Suid-Afrika nie. In Suid-Afrika kaap SAPD-lede, hulle met ‘n werk en sommer ‘n uniform ook, karre. Ook wys die Indiese Nobelpryswenner Amartya Sen uit dat die verband tussen misdaad en armoede geensins so eenduidig is nie. Sen wys uit dat Kolkata een van die heel armste stede op aarde is, maar dat sy misdaadkoers eweneens een van die laagstes is. Ek wonder hoeveel plaasmoorde met marteling pleeg die inwoners van Kolkata? Waarom is die misdaad in Suid-Afrika so gewelddadig? Hoe verklaar armoede buitensporige gewelddadigheid, veral inaggenome Suid-Afrika se armes is veel ryker as enige ander in Afrika?

Omdat ons oor alles behalwe die bosluise wil praat, kan misdaad fundamenteel nie aangespreek word nie, en gaan dit vir ewig aanhou op die vlakke wat tans heers. Ek laat my nie vir een oomblik vertel dat selfs die herinstelling van die doodstraf sal help nie. Wat help dit jy hang die enkeles wat gevang word, terwyl 9 uit 10 nooit aangekeer word nie? Amerika het baie meer geld as SA en kon baie meer tronke bou, met die gevolg is dat een uit elke twee swart mans tussen 18 en 50 al tronkstraf uitgedien het. Steeds help dit nie vir die Amerikaners nie. Swart geweldsmisdaad is en bly steeds ‘n probleem in die VSA.

Miskien is die mense ook bang om die ding op sy naam te noem, want die kuur vir misdaad sou nog meer onsmaaklik wees vir sommiges as om aan onsself te erken dat sekeres inherent onkorrigeerbaar is, dat dit bloot in sommiges se aard is om gewelddadige misdaad te pleeg. Jy kan tog seker nie alle manlike lede van ‘n bepaalde groep tussen 18 en 45 permanent toesluit nie, kan jy? Diegene wat so rassisme skree as mens durf uitwys dat misdaad ‘n kleur het, weet egter bitter, bitter goed dat daar ‘n seker kuur vir misdaad is. Mens noem daardie kuur segregasie, of dan apartheid, en nou het die linkses reeds hulle broeke bevuil. Skei diegene wat misdaad pleeg van diegene wat dit meestal nie pleeg nie, en die probleem is opgelos vir die groepe wat nie inherent geneig is tot misdaad nie. Of misdaad onder Afrikane oplosbaar is, weet ek nie, maar dit is egter volledig Afrikane se eie probleem. Ons as blankes het genoeg probleme van ons eie, en kan nie die probleme van ander mense ook wil oplos nie.

Ek is terloops persoonlik nie ten gunste van die herinstelling van apartheid nie, omdat apartheid ander probleme meebring – vier miljoen blankes kan eenvoudig nie pa staan vir sestig miljoen ander nie, en dus is apartheid soos onder die ou bedeling fundamenteel onhoudbaar. Segregasie sal ‘n ander vorm moet aanneem, soos ‘n volkstaat of selfbeskikking vir blankes.

Nie dat die polities-korrektes dit ooit sal erken nie, maar integrasie en multikulturalisme is letterlik lewensgevaarlik vir blankes. Skeiding, of dit nou as apartheid, emigrasie na Swede of as ‘n volkstaat is, is jou enigste manier om jou van Afrika-vlakke van misdaad te bevry. Tot tyd en wyl ons dit nie erken nie, terwyl ons nie wil erken dat dit nie armoede of kolonialisme was nie, is ek bevrees die misdaadvlakke in multikulturele samelewings met beduidende aantalle Afrikane daarin, is onoplosbaar.

2010
03.02

BACKGROUND – WHY THE NEED TO TAKE ACTION

It is clear that since South Africa went the way of democratic “majority rule” (or more realistically black rule if one takes the demographics into account – i.e. 80% of the population is black), that its as if South Africa has been steadily progressing towards:

· Socialism & anti-capitalism with talks about nationalisation of major corporations and mines.

· Intense reverse & anti-white discrimination in government and in laws labelled with friendly sounding titles like Affirmative Action, Black Economic Empowerment, land redistribution and wealth redistribution (read: LARGE SCALE WEATH DESTRUCTION AND CONFISCATION).

Read the rest of this article and others like this by receiving the FREE SAMizdat newsletter. Please click here to receive this article in full as well as other newsletters.

2010
03.01

Andries (Roof) Bezuidenhout besig weer eens in Rapport die standaard-verskoning vir blankes se klagtes oor Suid-Afrika se hemelhoë vlakke van misdaad: “Swartmense word ook deur misdaad getref.”

Ja, én?

Ek het geen, maar geen idee hoe op dees aarde hierdie banale nikssgeggendheid enige iets aan die dodelike situasie in Suid-Afrika verander nie. Mense in Medellin sterf ook in dwelm-oorloë. “So what?” Is diegene onder ons wat geliefdes aan misdaad verloor het, veronderstel om beter te voel omdat iemand in hetsy Soweto, hetsy Medellin, ook deur misdaad getref word?

(Besoek asseblief hierdie skakel om die res hiervan te lees, asook om nuusbriewe vanaf hierdie blog te ontvang.)

2010
02.22

Daar woed tans ‘n groot storm oor Julius Malema se miljoene, wat hy uit sy tenderpreneurskap “verdien” het. Al wat ‘n koerant is dra dit as voorbladnuus, en ek is seker dat daar in die komende weke groot gewag gemaak gaan word hiervan deur al wat ‘n redakteur en briefskrywer aan ‘n koerant is. Dié ontstokenheid spreek egter myns insiens van ‘n fundamentele gebrek aan begrip oor die ware aard van politiek op hierdie vasteland. Diegene wat ontstoke is oor Malema se miljoene, verstaan duidelik nie wat ons op onsself losgelaat het met 1992 se referendum nie.

Politiek is maar ‘n morsige spulletjie, selfs in Westerse lande. Daar is oral rugstekery, gekonkelry en oneerlikheid. Nietemin is daar in die meeste Westerse demokrasieë ten minste ‘n voorgeëry dat dit gaan daaroor om die land te verbeter, of om die land se bevolking tot diens te wees. In ‘n Westerse demokrasie verwag die kiesers weliswaar dat daar vuilspel sal wees, maar as die vuilspel te erg is, soos met die Watergate-skandaal, word die regerende party in die volgende verkiesing uitgestem. Sodoende is daar minstens sprake van toerekeningsvatbaarheid.

Bogenoemde toerekeningsvatbaarheid en ‘n voorgee dat dit sou gaan om dienslewering aan die publiek, bestaan egter nie in Afrika nie. Afrika-politici pleeg politiek met een, en slegs een, doel voor oë: dit gaan oor plundery. Politieke mag beteken bloot toegang tot geleenthede om die land se rykdom te plunder. Dit gaan allermins oor die verbetering van die samelewing. Die kiesers verstaan laasgenoemde baie goed. Daarom sal hulle klippe gooi oor swak dienslewering, maar dan in die volgende verkiesing soos tropdiere vir die regerende party stem. Die Afrika-kieser verstaan wat baie van ons Westerlinge nie verstaan nie: die betogende kieser in Balfour wil nie die ANC ontset nie. Hy wil self ‘n raadslid word, sodat hy ook sy beurt kan kry om te plunder. Selfs Sint Mandela, daardie heilige van die liberalis, het deelgeneem aan dié plundery. Hoe anders het Mandela aan sy rykdom gekom? Waar kom sy stigting aan sy geld? Hoe bekostig hy sy verskeie huise en hou hy sy lewensstyl vol? Hy was slegs vir vier jaar lank president, en het in daardie tydperk sowat ‘n miljoen rand per jaar aan salaris verdien. Dis kwalik ‘n fortuin.

Malema is dus niks indien nie verteenwoordigend van die Afrika-politikus se inherente aard nie. Sy organisasie, die ANCYL, maak al lankal gebruik van die geleenthede tot plundery wat hul politieke mag hulle bied. Dikwels heul Westerlinge en Westerse maatskappye met die plunderaars om hul doelwitte te bereik. Oliemaatskappye betaal omkoopgeld aan politici in Nigerië en Angola. ‘n Blanke sakeman en beweerde rampokker, Brett Kebble, het glo miljoene aan die ANCYL geskenk, sodat Kebble politieke gunste by laasgenoemde kon bekom.

Derhalwe hoort die nuutste “onthullings” oor Malema se rykdom niemand te verbaas nie. Natuurlik is hy ryk – hy is immers ‘n Afrika-politikus. Die feit dat diegene wat onstoke is oor sy rykdom hulself opwerk, spreek bloot van ‘n opperste naïewiteit en ‘n grootskeepse gebrek aan begrip oor Afrika se politiek van plundery, en waaroor die “demockracy” eintlik in Afrika gaan.

2010
02.19

Baie witmense, ekself inkluis, is geneig om die ANC te blameer vir meeste dinge wat verkeerd loop in Suid-Afrika. Dis meestal geldig. Die ANC is inderdaad korrup, onbevoeg, misdadig en hopeloos daarmee om ‘n land te bestuur. Die groot meerderheid blankes is insgelyks gatvol vir staatsrassisme soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

Twee gebeurtenisse die afgelope week het my egter bietjie maak nadink: minister Gordhan se begrotingsrede, asook The Times se berig oor Malema se “onverklaarbare” rykdom (let op die aanhalingstekens.)

Gordhan se toespraak was eintlik ‘n merkwaardige een. Onthou dat Zuma se presidentskap ‘n maaksel van die linkses was; die SAKP en Cosatu. Nietemin gaan Gordhan en hou hy die skip op presies dieselfde ekonomiese koers as wat onder Mbeki gegeld het. Cosatu is woedend daaroor. Dis verraad, skree die linkses. Hulle is ontnugter met “hulle” president Zuma. Al wat ek hierop kan sê is dat die linkses bitter, bitter naïef is, en ek beveel Niccolò Machiavelli se “Die Prins” vir hulle aan as verpligte leesstof.

In die bogenoemde berig in The Times lees mens dat Malema glo slegs R20000 per maand verdien, maar twee luukse huise, ‘n Breitling-horlosie en verskeie duur motors besit. The Times is amper net so verbaas soos Cosatu. Waar kom Malema tog aan sy rykdom, maak The Times of hulle wonder? Asseblief! Spaar ons die hoogheiligheid. Die liberale pers in Suid-Afrika weet bitter, bitter goed waar Malema se befondsing vandaan kom.

Die antwoord op beide raaisels is natuurlik nie heeltemal so moeilik om te bedink nie. Maak soos Thabo Mbeki se broer, Moeletsi, in sy boek Architects of Poverty oor hierdie onderwerp, volg bloot die geld, en vra die voor-die-hand-liggende vraag: Wie befonds die ANC? Wie slaat die kitaar wat diegene wat saakmaak in die ANC maak dans?

Wenk: die rampokker, Brett Kebble, het miljoene aan Malema se ANCYL geskenk. Nog ‘n wenk: iemand is steeds besig om aan Malema geld te verskaf. Malema se uitlatings is bloot daar om die onnosel massas te paai. Die ANC sal hom nie stilmaak nie, want dit pas hulle dat hy sy populistiese retoriek spu, terwyl sy lewensstyl ten hemele skrei dat Malema nie ‘n woord van sy eie retoriek glo nie. Iemand het vir Zuma ook bygekom (byna nes Zuma bykans alle swart vrouens in die land tussen 18 en 80 al bygekom het), en in sy oor gefluister dat ‘n swaai na links in terme van ekonomiese beleid nie die aangewese ding sou wees nie. In wie se belang sou dit wees vir Zuma om sy linkse bondgenote van 2007 uit te verkoop?

Dis weer eens nie te moeilik om dit te bedink nie. Die marionetmeesters in beheer van die ANC is uiteraard die groot sakebelange in Suid-Afrika, veral daardie ondernemings wat, durf ek dit skryf, deur Joodse en Engelse sakemanne besit word. Dis egter nie slegs die Jode en Engelse nie. Gisteraand is die nuwe kanselier van die Universiteit van Stalinbos, Johann Rupert, hand om die blaas met kameraad Blade Nzimande.

Dit is selfs nie vergesog om te sê dat Kodesa ‘n weerligafleier was nie. Die onderhandelinge wat werklik saak gemaak het, het waarskynlik oor ‘n glas whisky of ses (Blue Label, natuurlik) in een of ander Sandtonse klub or restourant plaasgevind, met die ANC aan die een kant, en die Oppenheimers en Ruperts aan die ander. Tydens daardie onderhandelinge is daar ooreengekom dat kaders met die regte verbintenisse bemagtig sou word, sodat Tokyo Sexwale en kie goue trone in hul badkamers kon installeer. In ruil hiervoor sou die groot sakemanne se bates nie gestroop of genasionaliseer word nie. In hierdie opsig is Malema se warm lug oor die nasionalisering van die myne gevul met skreeusnaakse ironie. Die rampokker wat hom en sy maatjies befonds het, was die deeltydse mynmagnaat, Brett Kebble.

Soos ek hierbo geskryf het, is hierdie nie juis ‘n aardskuddende onthulling nie, en het Moeletsi Mbeki die geheul tussen die Oppenheimers en die ANC lankal reeds gestriem in sy boek. Wat ek wel meen is dat ons wat aan die ontvangkant van regstellende aksie en SEB is, bietjie buite die kassie moet dink. Want sien, buiten vir die staatsdiens, is dit mense wat net so wit soos ek en jy is, wat teen ons diskrimineer. Dis nie gesiglose Jimmy Manyi’s nie. Dis daai direkteure in die hoekkantore in jóú werkgewer se gebou wat die agente is van die ANC. Dis húlle wat regstellende aksie deel van jou maatskappy se beleid gemaak het.

Hulle sal hulself uiteraard verontskuldig en agter die ANC se rassistiese wetgewing skuil, maar dié verskoning gaan nie op nie. Verskeie maatskappye het onttrek uit die vorige Suid-Afrika op grond van besware teen die destyds rassewette. Waarom is die ANC se rassistiese wette nou skielik aanvaarbaar vir hierdie maatskappye? Dit spreek van dubbele standaarde vir General Motors om Suid-Afrika in die ou dae te boikot, maar vandag wanneer ‘n swart regime rassisties teenoor wittes optree, niks daarmee verkeerd te sien nie. ‘n Rassistiese wet bly ‘n rassistiese wet, al het hy ‘n pragtige, positiewe naam soos reg-stelende aksie. Weer eens: blanke vetkat-sakemanne het met die ANC geheul om jou en my kinders bloot te stel aan regstellende aksie. Blanke sake-eienaars se geheime ooreenkomste het gesorg dat jou blanke onderneming nie kan meeding sonder swart passasiers aan boord nie. Nicky Oppenheimer en Johann Rupert se kinders kan oorsee gaan studeer as hulle nie plek kry by die mediese fakulteit in SA nie, maar joune en myne nie.

Blankes het nie die getalle om die land onregeerbaar te maak soos wat die ANC se binnelandse vleuel, die UDF, in die jare tagtig gemaak het nie. Ons hoef egter nie so te maak nie. As ons werklik kwaad genoeg is oor regstellende aksie en SEB, en die politieke wil het, behoort ons myns insiens die marionetmeesters te teiken. Moet ons wat besware het teen die Nuwe Suid-Afrika nie daaraan begin dink om ‘n vakbond te stig nie? Ek besef Solidariteit is reeds daar, maar te oordeel aan hulle uitsprake, is hulle NSA-entoesiaste en twyfel ek of hulle radikaal genoeg sal optree.

Ek dink hier aan ‘n eie, regse, vakbond soos Pole se Solidariteit onder Lech Walesa, een met ‘n baie meer radikale politieke doelwit: om die ANC se bondgenote te teiken met duidelike politieke doelwitte in gedagte. Dis presies waarmee Cosatu die ANC tans dreig, terloops. Solidariteit het die Poolse Kommunistiese Party se lewe hel gemaak, en regstreeks bygedra tot die val van die kommunisme in 1989. Wat is die ANC nou in vergelyking met die magtige Sowjet-Unie van weleer? Die slag as al die blanke kundiges, rekenmeesters, tegnici en ingenieurs staak, knars Eksdom, Telkom, Anglogold, Impala Platinum en al wat ‘n groot onderneming is tot stilstand. Laasgenoemde is diegene wat die agente is van die ANC. Hulle pas regstellende aksie teen hul mede-blankes toe. Nie net tree hulle rassisties teenoor hulle mede-blankes op nie, maar befonds hulle ook die ANC.

Getalle maak nie saak as jy Eksdom tot stilstand wil dwing nie. Dit sal slegs ‘n honderd of wat blanke tegnici en ingenieurs kos wat staak, en die land is donker. Staak bloot lank genoeg, en welke mynbaas ook al tans vir Malema befonds, sal noodgedwonge moet ophou, want sy geld sal op wees. Sulke stakings moet myns insiens beplan word met spesifieke doelstellings in gedagte, byvoorbeeld die afskaffing van regstellende aksie en outonome selfregering vir Afrikaners.

Kortom: ek dink nie ons blankes is heeltemal so magteloos as wat ons dink nie. Mens kan weliswaar vra of daar tans genoeg politieke wil is om onsself effektief te organiseer, en of blankes bereid is om groot opofferings te maak, soos om sonder ‘n salaris te sit as ons staak. Ek moet bieg dat ek nie dink genoeg van ons is op die oomblik kwaad genoeg vir die ANC en hul sake-trawante nie.

Gee egter kans. Die slag as dinge regtig in ‘n Zimbabwiese rigting begin beweeg, en genoeg van ons begin besef dat ons sal moet plan sien, kan dinge vinnig verander. Wie weet – miskien sal die huidige Suid-Afrikaanse Solidariteit ook besef dat die spel verander het, dat voortgesette voorgeëry oor die reënboognasie geen verdere doel sal dien nie.

2010
02.17

‘n ANC-lid van Kaapstad, mnr Chumani Maxwele, is in hegtenis geneem omdat hy die gevoel van baie Suid-Afrikaners teenoor die ANC se blouligkonvooie uitgedruk het dmv ‘n middelvinger-saluut aan president Don Juan Zuma se konvooi. Die tot-die-tande-toe gewapende manne in donker pakke van die konvooi het mnr Maxwele aangetree, vir ure lank laat ondervra en tans word hy van crimen injuria aangekla.

‘n Paar dae later probeer Solidariteit sowat 23000 briewe teen misdaad aan die president se kantoor oorhandig. Dit verander egter in ‘n lagwekkende sirkus, met Solidariteit se verteenwoordigers wat van bakboord na stuurboord gestuur word en uiteindelik die briewe, onverrigter sake, bloot op die trappies van die president se kantoor los. Is laasgenoemde nie ‘n perfekte metafoor vir alles wat verkeerd is met Afrika-regerings nie? Dié sirkus spreek van totale onbekwaamheid, asook ‘n gevoelloosheid van die heersers teenoor blote slagoffers van misdaad. Laasgenoemde is terloops die tropdiere wat telkens vir die ANC stem, maak nie saak hoe sleg dinge gaan nie, se skuld. Die ANC-regime besef baie goed dat hy hom nie hoef te verwerdig om hom te steur aan blote slagoffers van misdaad nie, siende dat toerekeningsvatbaarheid ‘n onbekende begrip vir ‘n Afrika-kieser is.

Die arrogansie van die blouligkonvooie is in hierdie geval uiters pertinent. Talle Afrika-sterkmanne (en in Julius Malema se geval, sterk kleuters) het sulke konvooie met veelvuldige lyfwagte. Misdaad raak hulle dus glad nie, en is wat hulle aanbetref bloot ‘n probleem vir iemand anders, die gepeupel. Die president se kantoor se optrede spreek luidkeels van hierdie gevoellose arrogansie, en gee as’t ware vir die Suid-Afrikaanse publiek en veral vir misdaadslagoffers die middelvinger.

In hierdie opsig spreek Solidariteit se ordentlike, beskaafde optrede insgelyks van ‘n ontoepaslike kommunikasie-strategie en helaas ook van ‘n wanbegrip oor hoe om effektief met die regime te kommunikeer. Uit die minagting waarmee die president se kantoor Solidariteit se 23000 briewe behandel het, is dit duidelik dat sulke skrywes en petisies van uiters beperkte nut is. Ek maak nou wilde veronderstellings oor die geletterdheid van die president se kantoor, maar sou iemand daar wel kon lees en begryp wat hy lees, is dit twyfelagtig of die briewe hoegenaamd ernstig opgeneem sou word.

Ek is bevrees dat, alhoewel Solidariteit se hart op die regte plek sit, die organisasie sy strategie sal moet heroorweeg. Dit lyk vir my of mens op ‘n ander vlak hier in Afrika moet kommunikeer. Terwyl ek nou nie geweld goedkeur nie, lyk dit tog asof brandende treine en klipgooiery ‘n veel meer effektiewe benadering tot kommunikasie sou wees. ‘n Meer dramatiese aanslag is dus nodig. Mens moet immers jou strategie aanpas om te spreek tot jou teikengehoor. Ek het amper voorgestel dat Solidariteit volgende keer brandstof en vuurhoutjies moet saamneem en die president se kantore aan die brand steek, maar miskien is daar rotte en troeteldiere in daardie gebou en ek sou laasgenoemde jammer kry. Dit sou stellig ‘n meer effektiewe kommunikasie-strategie gewees het as die gemeenskap ‘n booswig of twee kon vang, en Solidariteit die booswigte aan die president se kantoor se heining sou vasketting.

Dramatiese optrede en ‘n gepaardgaande vernedering vir die regime, veral ten aanskoue van die internasionale media, is lyk my die enigste strategie wat nie ‘n middelvinger tot gevolg sal hê nie.

2010
02.15

Helen die Hoogheilige

Kyk, ‘n politikus, maak nie saak van welke party nie, is nou maar eenmaal ‘n skynheilige kreatuur. Hulle het een stel beginsels vir hulself, en heeltemal ‘n ander stel waar dit by hul opponente kom. Helen-die-Hoogheilige Zille is geen uitsondering nie.

Antie Helen is al lankal op ‘n kruistog oor ons vreeslose (en kondoomlose) leier se seksuele gewoontes. Sy kla lankal oor Jacob Zuma wat glo sy vrouens aan vigs blootstel. Toe die nuutste skandes oor Irvin Khoza se dogter op die lappe gekom het, was antie Helen voor in die koor van diegene wat hom gekasty het vir wat sy as Zuma se onverantwoordelike gedrag bestempel het. Dit is hier te kort en daar te lank; Zuma is ‘n openbare figuur en sy privaatlewe is wel iets waarvan die publiek hoort kennis te dra, aldus me Zille.

Slim vang egter toe sy baas, toe Helen se eie trawant, Lennit Max, gevang word daarmee dat hy glo verskeie katte in die donker geknyp het. Nou is dit glo niemand se besigheid nie. Ek haal die ge-Botoxde een aan: “An extra-marital affair between consenting adults in private is not a matter that can be regulated by a political party, the state or the media.” Dus: as een van haar eie, Lennit Max, buite-egtelike verhoudings aanknoop, is dit glo privaatsake, maar as Zuma so maak, dan skeur antie Helen haar klere en strooi as op haar hoof.

Ek weet nie waarom sy so op die verdediging is nie. Die DA sien homself hoeka as ‘n multi-kulti party. Is Lennit Max en Zuma se optrede nie juis in pas met die meerderheid van die land se kultuur nie? As Helen bloot die moeite sou doen om haar bediende of tuinier uit te vra oor hoeveel kinders hulle het en wil hê, sou sy tot ander insigte gekom het. As Helen nou slim was, sou sy padgegee het en plek gemaak het vir Lennit Max as leier, want hy is immers ‘n uitstekende voorbeeld van die einste multikulturele waardestelsel waaroor die DA so hoog opgee.