2011
07.06

Die dekonstruksie van Malema en Vice

Sogenaamde blanke skuld maak deesdae weer opslae. Julius Malema beweer byvoorbeeld dat blankes misdadigers is wat swartes se rykdom gesteel het. Laasgenoemde sluit vermoedelik die edelmetale van die Bosveldkompleks in, wie se myne Malema so graag wil nasionaliseer. Daardie einste skatkis van edelmetale waaroor Malema se voorsate vir eeue lank in gatrieme rondgehardloop het, sonder om te besef wat onder hul voete versteek was. Dis eweneens nie heeltemal duidelik of Malema se voorsate juis ‘n nut vir platina sou hê nie, selfs al kon hulle dit ontgin en verfyn. Dis nie asof daar Pedi- motors met platina-katalisore in 1652 in die Bosveld was nie. Ook is ek nie bewus van ‘n Pedi-halfgeleierindustrie wat die ander skaars metale in die Bosveldkompleks sou gebruik nie.

‘n Sogenaamde filosoof aan die Rhodes –Universiteit, ene Samantha Vice, stem egter saam met Malema. Wat Malema in een sinnetjie gesê het, het sy weliswaar ‘n ganse referaat oor geskryf, nogal in hogere akademiese Engels, maar dit kom eintlik op presies dieselfde as Malema se uitlating neer. Dié lui dat blankes onder ‘n enorme, gemeenskaplike skuldlas gebuk gaan, en derhalwe nederig ons plek moet ken en nie mag deelneem aan die politiek nie. Dié skuldlas is van ‘n bykans bybelse omvang, een wat tot die sewende geslag van elke blanke wat tans leef, sal bly voortduur. Die blanke baba wat dus in Danville aan arm blanke ouers gebore word, is dus volgens dr Vice ewe skuldig aan die verdrukking van swartes, en moet dus ook van kleins af nederig en op sy plek wees. Die Danville-baba wat in sy ouers se enkelkamer in iemand se agterplaas woon, mag dus nooit droom daarvan om president te wees nie, volgens die ekstreem-linkse vernietiger van blanke aspirasies, Samantha Vice. Nou goed, dr Vice, ek sal nederig om verskoning vra dat die wrede blanke onderdrukker, Hans Merensky, die rykdom onder die Pedi’s se voete ontdek het, en vir hulle en ander swart volke derduisende werksgeleenthede geskep het wat nie bestaan het voor die aankoms van blankes nie, en oa die Bafokeng-stam stinkryk gemaak het in die proses.

Alhoewel ek g’n filosoof is nie, is dit tog nodig om snert soos dr Vice se kwasi-filosofiese drek en ongegronde aannames te dekonstrueer en in die proses aan flarde te ruk. Die eerste opmerking wat ek dus gaan maak, is hoe vreemd dit is dat ras tog bestaan wanneer dit die ekstreem-linkse soos dr Vice pas. Soms word ons vertel ras is ‘n blote sosiale konstruk, maar wanneer dit die linkse pas, bestaan daar wel goedgedefinieerde rassegroepe en word veral blankes uitgesonder as die sondebokke op grond van ons velkleur. Die opportunistiese ontkenning en dan somtydse erkenning van die bestaan van ras is egter ‘n eenrigtingstraat. Dit word nooit erken as daar verklarings gesoek word vir die verskil in akademiese prestasie nie, maar altyd erken wanneer die vingers na sogenaamde blanke onderdrukking verwys word.

Tweedens vind ons in dr Vice se sogenaamde akademiese stuk opnuut die ou-ou kwaal van die linkse: “Moenie maak soos ek maak nie, maak soos ek sê.” Dr Vice, synde iemand met ‘n pos by ‘n akademiese instansie, skryf ‘n stuk met ‘n politieke inslag, en weerspreek haarself ernstig in die proses. Blankes mag nie aan die politiek deelneem nie, maar Dr Vice maak egter self presies net so met haar anti-blanke stuk linkse Marxisme. As iemand met ‘n formele werk asook jare se bevoorregte akademiese opleiding, is sy eweneens volgens haar eie definisie iemand wat swartes onderdruk. Sou sy haar eie snert geglo het, het sy onmiddelik bedank ten gunste van ‘n swart dosent, haar besittings verkoop en aan die swartes uitgedeel en geëmigreer, ten einde te verhoed dat haar blanke bas nie verder bydra tot swart verdrukking nie.

Die grootste leuen waaraan beide Malema en Vice skuldig is, wat dringend dekonstruksie benodig, is die ongegronde aanname dat blankes nie ons welvaart of kwalifikasies verdien nie. Mens sou sweer elke blanke het ‘n wynplaas geërf en dat ons die dag toe ons gebore is, ‘n PhD in die spesialisveld van ons ouers se keuse vasgekram aan ons geboortesertifikate ontvang het. Dit is veral eersgenoemde, grondbesit, wat een van die voortdurende mites onder die linkses is. Daar is egter slegs sowat 30,000 kommersiële blanke boere in Suid-Afrika, dws minder as 1.5% van die blanke bevolking. Ek is nie bewus van een van daardie boere wat hulle grond by ‘n swartmens gesteel het nie. Dit is inteendeel waar dat baie blankes na afloop van die ABO na die stede gestroom het, omdat die Britte die aarde verskroei het en ons voorouers se plase vernietig het, wat gelei het tot die armblanke-probleem.

As daar blankes is wat hul grade of kwalifikasies ontvang het bloot omdat hulle wit velle het, wil ek hulle graag ontmoet. Almal wat op universiteit was tydens die vorige bedeling, kan getuig daarvan dat die mislukkingstempo ook onder hul mede-blankes baie hoog was. As jy links en regs van jou in jou eerstejaarklas gekyk het, was die kanse goed dat daardie twee mense nie saam met jou sou graad vang nie. So ook het selfs die meeste blanke graduandi groot studieskuld gehad toe hulle afgestudeer het, en moes die oorweldigende meerderheid blankes wat begin werk het, van nuuts af begin om aardse besittings op te gaar. Dit was slegs die enkele bevoorregtes in Waterkloof wie se ouers hulle ‘n hupstoot kon gee, maar weer eens was die groot meerderheid blankes in myndorpe of op die platteland op hulself aangewese. Sedert 1994 het 800,000 blankes ook in armoede verval, wat ‘n skrikwekkende een-derde van die blanke bevolking verteenwoordig.

In die ekonomiese teorie word Malema, Vice en andere se mistasting ‘n nul-som spel genoem, of in gewone Afrikaans: “Die een se dood is ‘n ander een se brood.” Hiervolgens is daar altyd wenners en verloorders. As daar dus bekwame blankes is wat op verdienste hul grade met lof geslaag het, moet daar noodwendig swart verloorders wees, wat deur die wrede blanke in die proses onderdruk is en op een of ander duistere wyse verhoed is om matriekwiskunde te slaag. Soos Mandela en sy prokureursvennoot Tambo wat tydens die apartheidsjare hulself as regsgeleerdes kon bekwaam, bedoel dr Vice seker. Waarop beide Malema en Vice se aantygings dus neerkom, is die tipiese eksternalisering van blaam vir die toestand van die Afrikaan, asook volslae onkunde oor die geskiedenis van Suid-Afrika. Daar is wel ander nasies wat hulself nie juis steur aan die linkses se nul-som mistasting nie. Singapoer was ook ‘n Britse kolonie, wat ook wreed deur die Japannese beset is tydens die veertigerjare, maar vandag doen sy leerlinge die heel beste in wiskunde internasionaal, en is hy onder die rykste lande op aarde. Beide Malema en Vice is egter te bang om eerlik met hulself te wees en te soek vir die ware verklaring vir die vergelykende gebrek aan prestasie van Afrikane. Dis veel geriefliker om die mitiese bose witman te blameer, en om die leuen te verkwansel dat elke suksesvolle blanke op ‘n reeks swartes se koppe getrap het oppad boontoe.

Die feit van die saak is dat die Europese setlaars vanaf 1652 ‘n streek aangetref het wie se inwoners in ‘n pre-geletterde, pre-beskaafde toestand verkeer het. Die feit dat die swart stamme en Koisan-inwoners op 5 April 1652 nie kon lees of skryf nie, was net so min die Europeërs se skuld as wat die voortgesette agterlikheid van Afrika en Afrikane in 2011 die Afrikaner se skuld is.

2011
07.04

Konfronteer jou loony-left skynheiligheid, dr Vice

Hierdie moet loshande die mees absurde stuk sogenaamde filosofiese snert wees wat ek tog nog toe gelees het. Ek sal egter die eerste wees om te erken ek is waarskynlik uit my diepte hiermee. Miskien het dr Vice dit as een of ander stuk siek satire bedoel, of is sy sarkasties, maar soos ek die ding verstaan, is sy doodernstig.

Haar voorstel kom op die oog af op die volgende neer: Blankes het ‘n geweldige skuldlas (ook seker blanke babas wat in ‘n blanke plakkerskamp gebore word, neem ek aan.) Dus moet ons onsself daarom uit die openbare oog onttrek. Dís dus stellig die verklaring vir hoekom hulle ons so uitmoor waarna ons so rondtas – ons is te sigbaar en ons blote teenwoordigheid, grief die res. Blankes moet ons uit skaamte uit die politieke diskoers onttrek, en as’t ware alles wat na ons kant toe gegooi word, regstellende aksie, die etniese reiniging van ons taal en dies meer, sonder slag of stoot aanvaar. Baie soos Jode wat gedweë langs die SS se sg Himmelstrasse na die gaskamers moes stap.

Ek is weer eens geen filosoof nie, wat stellig verklaar waarom my koppie nie heeltemal so ernstig raas soos dr Vice s’n nie, maar is een van die studievelde in die filosofie nie juis die bestudering van logika nie? As dr Vice dan wel ernstig is, is daar slegs een pad wat sy logieserwys kan volg. Sy moet so gou as moontlik die volgende doen:

1. Bedank uit haar bevoorregte akademiese pos wat sommer uit die hemel op haar skoot geval het sonder dat sy ‘n boek oopgemaak het, bloot omdat sy wit is (my sarkasme), ten gunste van ‘n regstellende-aksie akademikus. Die blote feit dat sy ‘n pos beklee, is ‘n onding en ‘n klap in die gesig van die honderde duisende swart PhD’s in die filosofie wat toustaan vir haar pos op Rhodes.

2. Ditto vir al haar aardse besittings, wat sy eweneens as ‘n wit onderdrukker by een of meer swartes gesteel het, sonder om daarvoor te werk (weer eens my sarkasme.) Sy moet alles wat sy besit, onmiddelik verkwansel en die opbrengs aan die swartes wat so deur haar wit bestaan onderdruk word, uitdeel.

3. Indien sy nie soos ‘n wafferse Samoerai-kryger uit pure skaamte haar ingewande met ‘n swaard uitryg in ‘n edele daad van hara-kiri nie, moet sy minstens onmiddelik emigreer, ten einde te vermy dat haar wit vel se blote teenwoordigheid meer skade aanrig.

Sou dr Vice nie onmiddelik 1, 2 en 3 hierbo in werking stel nie, moet ek haar kwasi-intellektuele drek maar net weer eens toeskryf aan die “bleeding heart, loony leftie” se slagspreuk: “Moenie maak soos ek maak nie, maak soos ek sê.”

2010
06.17

Afrikaners moet begin sokker speel

Ek is nou nie ‘n groot kenner van sokker nie, omdat ek dié spel heel vervelig vind al van kleintyd af. Daar was byvoorbeeld ‘n hele paar van die 2010-toernooi se wedstryde wat geen doele opgelewer het nie, of gelykop geëindig het. Miskien is ek ‘n Filistyn, maar jy kan ook net so lank kyk hoe gee hulle met die voet vir mekaar die bal voor jy begin wonder of daar nie interessanter dinge is om met jou tyd te maak nie.

Ek gaan ook die versoeking weerstaan om te sê “I told you so” oor gisteraand se nederlaag. Dit was voorspelbaar gewees. Dit was eweneens nie die skeidsregter se skuld nie. Ek kan nie dink hoekom enige realistiese sokkergeesdriftige, veral diegene met die onderbroekvlaggie op hul motors, sou verwag dat ‘n span wat rondom nommer tagtig in die ranglys teen spanne wat op nommer 8, 16 en 17 is, sou wen nie. Al is ek nie ‘n sokkkerkenner nie, is dit so dat sokker, hokkie, rugby en soortgelyke sporte gaan oor balbesit en afronding. Dis weliswaar ‘n cliché, maar jy kan nie die wedstryd wen as jy nie die bal het nie. Wat gisteraand opgeval het, is die gemak waarmee Uruguay se spelers die bal by die tengerige Bafana-spelers kon afneem. Dit het met groot ironie op Loftus, die tuiste van die Blou Bulle, gebeur. Laasgenoemde span, tesame met John Wayne Bobbitt, sou ook vir die Bafana ‘n ding of twee kon leer oor balretensie.

Alhoewel fisieke grootte minder belangrik in sokker as in rugby is, het dit tog sy voordele. Uruguay kon die pieperige Bafana-spelers van die bal af boelie. Dis ook goed om lank te wees as jy ‘n kopskoot voor die doel wil maak vanaf ‘n hoë hoekskop. Die Hollanders is statisties-gesproke die langste mense op aarde. Die Oranje is nie ‘n slegte sokkerspan nie. So ook nie die spanne van ons ander stamlande, Duitsland en Frankryk, nie te vrot nie, alhoewel die sogenaamde Franse sokkerspan deesdae meer lyk na die Ivoorkus s’n. Duitsers is ook langerige mense.

Ek wonder dus hoe ‘n Afrikanerspan met spelers met die fisieke attribute van ‘n Pierre Spies daarin sou gevaar het? As ‘n 105 kg, sesvoet-vier gevaarte blitsig op jou afstorm met die bal voor sy voete, gaan jy hom maklik gestuit kry? Daar is meer geld in sokker as in rugby, dus is ek van mening dat dit glad nie ‘n slegte idee sou wees om ‘n Afrikanerspan te stig nie. Die vraag is uiteraard waar stig jy hom? Hierdie is hoeka ‘n land met ‘n vreemde sin vir geregtigheid. Die meerderheid Azaniese sokkerspanne het geen enkele blanke in hul geledere nie, maar geen voëltjie fluit daaroor nie en die regime se obsessie met demografiese verteenwoordiging is op misterieuse wyse nie ‘n faktor in sokker nie. Dis egter ondenkbaar dat Dinamo Pretoria toegelaat sal word om ‘n span wat selfs net ‘n meerderheid blankes in sy geledere het, in die veld te stoot, veral as só ‘n span begin wen teen die beroerde Azaniese spanne. Miskien kan die Afrikanerspan in Londen of selfs in een van ons buurlande gestig word.

In teenstelling met die vergane en onrealistiese droom van “steal it, they are here” wat gisteraand op uiters ironiese wyse deur ‘n blonde, blou-oog Ariër by name Diego Forlán verpletter is, sou dit nie ‘n droomsituasie wees as daar eendag ook ‘n Afrikanerspan, wat ‘n onafhanklike Afrikanerrepubliek verteenwoordig, aan die SWB kon deelneem nie?

2010
06.11

Watter 2010-span behoort Afrikaners te ondersteun?

Die “Suid-Afrikaanse” sokkerspan, wat uiteraard niks van die aard was nie, se gelykopuitslag teen Meksiko was soos enige gelykopuitslag in sport. Dit was soos om jou suster te soen. Let op die aanhalingstekens om die term Suid-Afrikaanse, omdat hulle slegs ‘n spesifieke segment van die volke in Suid-Afrika verteenwoordig en allermins ‘n ware, verteenwoordigende span vir almal in die land was nie. Daar was naamlik nie eens een, enkele Afrikaner in die span nie. Nie net was daar g’n Afrikaners in die span nie, maar daar was nie eens ‘n enkele blanke inwoner van die Azaniese grondgebied in die beginelftal nie. Eintlik verwag ek te veel en is ‘n verteenwoordigende Suid-Afrikaanse span ‘n teenstrydigheid, omdat daar g’n Suid-Afrikaanse volk is of kan wees nie. Net so min as wat Duitsers en Franse een volk is, is Afrikaners en Xhosas een volk.

Ek het dus die wedstryd tussen Meksiko en die Bafana-Bafana skrams en met dieselfde soort belangstelling gekyk as wat ek ‘n wedstryd tussen Azerbaijan en Turkye sou kyk: dis miskien interessant as jy ‘n sokkergeesdriftige is, wat die sport kyk ter wille van tegniese belangstelling, maar van ‘n nasionale passie kan daar vir ‘n Afrikaner geen sprake wees nie, net so min as wat ons passievol kan raak oor die Turkse span. Die rede hiervoor is eenvoudig: sportspanne word meestal ondersteun omdat hulle uit diegene bestaan wat mense soos jy verteenwoordig.

‘n Rasegte Hollander kan dus na sy Nederlandse span kyk en darem ‘n hele paar spelers raaksien wat min of meer soos hy lyk en sy eie taal praat, alhoewel dit ook nie vir al die spelers in die Oranje geld nie. Ek het egter nie een speler in die Bafafa-Piesangs gesien wat lyk soos ek, of my taal praat nie. Van die rassekwotas waaraan rugby- en krieketspanne in SA onderworpe is, was daar in die Bafana ook geen sprake nie. Daar was nie in die beginelftal eens een blanke speler nie, laat staan een Afrikaner nie. Smaak my rassekwotas geld slegs wanneer die stinkende ANC-regime teen blankes wil diskrimineer. Wanneer die sogenaamde reënboog eendragtig pikswart is soos met die Bafana, fluit daar egter geen voëltjie nie. Miskien sou die Bafanas beter gespeel het as daar wel ‘n paar groot Afrikanerseuns in hul geledere was, maar as is uiteraard verbrande hout.

Afrikaners is egter nie uniek in ons vervreemding van ons sogenaamde nasionale span nie. In die vorige 2006 SWB-finaal was daar een Europese span en ‘n Afrikaspan, alhoewel albei glo uit Europa afkomstig was. Die Europese span se naam was Italië. Die Afrikaspan se naam was Frankryk. Al die spelers in die Azzurri het Italiaanse name gehad en was blankes. Bykans almal in die “Franse” span was egter gepigmenteerd en was koloniale “Franse”, in dieselfde sin dat ‘n Australiese Aborigine ‘n koloniale Brit sou wees. Johanna van Arkel, Voltaire of Proust was baie beslis nie een van die meerderheid sogenaamde Franse spelers in 2006 se voorouers nie. Min van hulle het soos die meerderheid Franse gelyk. Dit was dus net so min ‘n nasionale Franse span wat ware Franse verteenwoordig het, as wat die Bafana ‘n span is wat Afrikaners verteenwoordig.

Gevolglik is Afrikaners in ‘n lekker posisie tydens die SWB. Siende dat die huidige Azaniese span een of ander Afro-Saksiese konsep van ‘n Engelssprekende, gepigmenteerde mengelmoes verteenwoordig, en nie eens een speler op die veld gestoot het wat naastenby soos ons lyk of wat by voorkeur ons taal praat nie, staan dit ons vry om te kies wie ons wil ondersteun.

Wie sou dit wees? Die Oranje van Nederland? Afrikaners is sowat 35% van Hollandse afkoms en sommige in die huidige Hollandse span lyk meestal soos ons, op ‘n paar spelers na. Ons kan hulle sekerlik ondersteun, alhoewel daar baie Kaaskoppe was tydens die vorige bedeling, asook vandag, wat te veel lelike prostitute bygekom het en te veel wettige cannabis sativa ingeneem het vir hul eie beswil, en ons gevolglik vyandiggesind was en steeds is. Sowat 30% van ons bloed is Duits, en dus kan ons ook sekerlik die Mannschaft, die Duitsers, ondersteun. Minstens het BMW en Mercedes ons nie geboikot voor 1994 nie. Eintlik maak dit egter nie saak wie ons ondersteun nie. Ons kan net sowel die Sloweniërs of die Noord-Koreane ondersteun. Ons het net soveel in gemeen met ‘n Noord-Koreaan as met bykans almal in vandag se Bafana-beginelftal. Ek praat net so goed Koreaans as wat ek Xhosa praat, maw glad nie.

My keuse vir ‘n span? Die Azzurri. Ten minste praat hulle almal een taal, Italiaans, is hulle gevolglik ‘n ware nasionale span en hou ek ook van hul blou truie. My beroerde Italiaans is ook marginaal beter as my Xhosa. Ek ken darem die Italiaanse woorde vir brood, wyn, hallo en tot siens…

2010
06.11

Vuvuzelas: die perfekte metafoor

Anders as baie liberale wat enersyds vir ons preek oor hul sogenaamde naasteliefde teenoor Afrikane, maar dan persoonlik vir Afrika wegkruip in hul rykmansbuurte of oorsee, moet ek noodwendig in ‘n Suid-Afrikaanse buurt bly wat as kosmopolities beskryf kan word. Vir die afgelope twee oggende word ons buurt gevolglik wakkergemaak deur een of ander moroon wat sy vuvuzela om 05h00 blaas. Klank trek ver in die nag, en dus kan ek hom nie opspoor nie, maar as ek kon, sou ek hom graag ‘n diesel-klisma toegedien het met sy vuvuzela as die tregter. Ons buurman se kleuterkindertjies teister ons ook al vir maande, tydig en ontydig, met die geraas van hul vuvuzelas.

Nietemin moet ek bieg: ek hou van vuvuzelas. Ek besit selfs een. Ek het ‘n miniatuur-vuvuzela gratis by ‘n vulstasie gekry toe ek ‘n bottel Coca-Cola gekoop het. Ek sal nog eendag ‘n nut vir die ding bedink. Kan mens hom moontlik gebruik as jou motor se brandstof opraak, of om vloeistof van een houer na ‘n ander oor te tap?

Nee, ek hou nie van die eentonige geraas wat dié ding veroorsaak nie. Ek hou eerder van die onbedoelde metafoor wat dit verteenwoordig. Niemand kan ‘n vuvuzela daarvan beskuldig dat dit kompleks, gesofistikeerd of ‘n gevorderde stuk tegnologie is nie. ‘n Vuvuzela is ‘n eenvoudige ding, ‘n trompetvormige stuk plastiek wat net een noot kan voortbring. Daar is geen bewegende dele nie. Hoe toepaslik vir ‘n kontinent wat nooit die geskrewe woord, die wiel of ‘n skarnier kan bedink nie. Om ‘n vuvuzela ‘n uitvindsel te noem, is kennelik ook om die waarheid so ‘n effe te rek. Dit is in wese ‘n plastiekweergawe van ‘n bok se horing, iets wat kwalik gekategoriseer kan word as ‘n tegnologiese deurbraak.

Op soortgelyke wyse is baie van dié kontinent se bewoners ook eenvoudige siele, veral diegene wat dink dis pret om ‘n vuvuzela te blaas. Daar is spanne wat in die Sokkerwêreldbeker speel wie se lande van herkoms Bach, Beethoven, Vivaldi en Puccini kon voortbring. Puccini se Nessum Dorma was byvoorbeeld ‘n vorige Wêreldbeker se temalied. Afrika se musikale bydrae tot sokker? Die vuvuzela met sy hele een noot. Weer eens: hoe toepaslik.

So ook kan jy seker wees dat, as ‘n lid van die onwelriekende ANC-regime sy mond oopmaak om voete te verwissel, daar slegs een gedagte tussen al die geraas is: “Gee, gee, gee, want anders is julle rassiste.” Enige uitlating deur Juliaas kan net sowel vervang word deur die geskal van ‘n vuvuzela, want die gedagte-inhoud van ‘n vuvuzelanoot en ‘n ganse toespraak van Malema is presies dieselfde.

Ek hoop dus hulle blaas daardie vuvuzelas kliphard vanmiddag as hulle die eentonige tweeslag sogenaamde volkslied (in werklikheid ‘n afgesaagde kinderkransliedjie), Kosie Sukkel Vreeslik In Afrika speel. Die vuvuzela is die perfekte begeleiding vir Kosie Sukkel, om nie te praat van ‘n perfekte metafoor vir die Nuwe Suid-Afrika nie.

2010
06.04

Misdaad teen jou eie belange is moeilik om te verstaan

Ek kan dit verstaan as jy honger is en ‘n brood by ‘n kafee steel. Ek kan ook verstaan, alhoewel ek dit nie verskoon nie, dat ‘n arme iemand anders se eiendom sal steel. Ek verskoon dit nie, want alles is relatief. Ek is relatief-gesproke veel armer as Bill Gates as wat iemand wat ‘n maatskaplike toelaag ontvang relatief tot my is, en ek sou dus ook my relatiewe armoede kon aanvoer as verskoning om by Microsoft te steel.

Waar dinge vir my baie meer troebel raak, is by misdaad wat ‘n direkte negatiewe impak op jouself en jou mede-lede van die samelewing het. Vanoggend word ‘n trein afgebrand in Randfontein. Die trein is laat agv kabeldiefstal. Die pendelaars is kwaad omdat hy laat is en hulle laat by die werk gaan kom. Met een of ander logika wat ek nie begryp nie, kom die gedagte toe by hulle op om die trein aan die brand te steek. Gevolglik gaan niemand dus by die werk kom nie. Die oorspronklike situasie is dus vererger deur misdaad, misdaad wat regstreeks tot die skuldiges se eie nadeel strek. Dis egter nie asof Randfontein ‘n eenmalige insident was nie. Pretoria se pendelaars steek ook treine aan die brand as die gebrek aan punktualiteit hulle nie aanstaan nie. Vir welke kitsgratifikasie ookal verkry kan word deur ‘n trein aan die brand te steek, word derduisende ander mense, maar ook die skuldiges self, ernstig verontrief.

Praag se werf dra ‘n skokberig oor die toestand van Schubartpark, ‘n kompleks wat deur die vorige bedeling as behuising vir die armes gebou is. Menslike afval word in plastiese sakke per lugpos by die vensters uitgegooi omdat bykans alles binne in die gebou gesteel is, ook die riool- en waterpype. Hierdie is nie diefstal wat ander mense raak nie. Dit is diefstal van ‘n antisosiale aard wat regstreeks ‘n impak maak op die einste gemeenskap waaruit sommige van die misdadigers waarskynlik self kom en ook op die misdadigers self. Jy steel waterpype by jouself en by jou mede-inwoners, en gevolglik het die gebou nie meer water nie en moet jy self water met houers boontoe dra.

Helen Zille kla dat vandalisme en vernielsug dienslewering vertraag. Vir elke R3 wat spandeer word om infrastruktuur op te rig, moet R2 spandeer word om skade te herstel. Die motief vir die vernietiging van toilette en ander infrastruktuur skyn blote vernielsug te wees, siende dat metaal deur plastiek vervang word en daar gevolglik nie juis iets is om te steel nie. Weer eens kom die vandale stellig uit die einste gemeenskappe wat bevoordeel word deur die oprigting van die genoemde infrastruktuur, en gaan dit die verstand te bowe dat hulle misdaad sou wou pleeg tot hul eie regstreekse nadeel. Is voortdurende gedwonge ontlasting in die veld die plesier van vandalisme werd? Weereens moet ek bieg dat ek as Westerling dit hoegenaamd nie verstaan nie.

Dit vereis stellig nie vreeslike opvoeding of intelligensie om te besef dat die brandende trein, vernietigde toilette en geplunderde gebou eenvoudig nie die bevrediging van plundery of brandstigting werd is nie, maar tog lyk dit my daar is diegene wat dit nie so sien nie. Dit lyk tog vir my of daar lede van die Suid-Afrikaanse bevolking is wat absoluut geen frustrasietoleransie het nie, wat blykbaar argeloos in die onmiddelike oomblik leef. Daar is skynbaar ‘n afwesigheid aan alle soorte selfbeheersing en ook geen kapasiteit om selfs ‘n paar uur in die toekoms te dink nie (die treinpendelaars wat nou glad nie by die werk gaan kom nie.)

Vreemd verby.

2010
05.27

Versoening of grypsug?

Te oordeel aan sy uitlatings, is Jimmy Manyi ‘n aartsrassis. Hy laat geen geleentheid verbygaan om blankes by te kom, of om te kla oor die stadige pas van rassistiese transformasie nie. Manyi is egter nie alleen nie. Baie lede van die regerende regime is weliswaar minder uitgesproke as Manyi, maar op die oog af is hulle ook anti-blanke rassiste, wat blankes en ons beskou as ‘n groot deel van die land se problematiek. Só waarsku Gugile Nkwinti byvoorbeeld dat swartes se vergewensgesindheid nie onbeperk sal wees nie, iets wat neerkom op ‘n kwalik bedekte “of anders..” dreigement.

So ook is daar nie net in swart geledere nie, maar in die klein troppie blanke Quislings en mak werfbobbejane wat die ANC napraat, telkens donker waarskuwings oor die rassisme en weiering om te versoen waaraan blankes kwansuis skuldig sou wees. Een van die mak werfbobbejane wat getrou die ANC se evangelie verkondig, is oud-Broeder en ouddominee Nico Smith, wat wie se kategismus uitsluitlik deesdae handel oor hoe blankes dankbaar moet wees dat die swartes ons nie uitmoor nie. Nog ‘n voorbeeld is Antjie Krog, waarskynlik die alfawyfie onder die ANC se werfbobbejane.

Gaan dit egter werklik vir die ANC oor sogenaamde blanke rassisme en blankes se halstarrige weiering om te versoen, of is dit ‘n blote rookskerm? Wat beteken versoening nou eintlik vir die ANC op voetsoolvlak, om nou soos ‘n Krog-kader te wil klink? Hoe gaan ons weet die slag ons regtig versoen is? Wat sal dit kos om die ANC en die linkses tevrede te stel dat blankes nou regtig versoen is met die res?

Ek is van mening al die versoeningspraatjies en rassisme-aantygings is ‘n blote rookskerm. Ek sal wel toegee dat die mak blanke werfbobbejane hopeloos te naief is om raak te sien wat werklik aan die gang is, maar die res van ons is darem nie bobbejane nie. Daar is naamlik een tema wat soos ‘n goue draad deur Manyi, Gugile en andere se aanhoudede rassisme-geskree en geteem oor transformasie en versoening loop: blankes moet ons bates oorhandig, of anders… Dit word weliswaar versoening genoem, maar uiteindelik handel dit oor slegs een term: “Gee ons wat joune is, so nie is jy ‘n rassis.” Of, erger: “Versoen deur jou bates te oorhandig, want anders… (vul die gewelddadige scenario van jou eie keuse hiernaas in.)”

Gugile se tirade was byvoorbeeld in die konteks van grondhervorming, en sy dreigement kom daarop neer dat swartes blankes slegs sal vergewe mits blankes omrol, dood speel en boere 40% van hul plase wat dikwels oor geslagte heen opgebou is, summier aan swartes oorhandig. In die naam van versoening, sien. Wat is die quid pro quo wat die boere in ruil vir hierdie geweldige gawe te wagte kan wees? Niks nie, behalwe ‘n skimp dat hulle dan sal toegelaat word om voort te leef. Vermoedelik het Gugile iets soos die Zimbabwiese benadering in gedagte, met boere wat 1 uur gegun word om hul plase te ontruim. Dit het dus bitter min met die gewaande rassisme of gebrek aan ewigdurende jammerte aan blankes se kant te make nie, en alles met die gedwonge onteiening en plundery van blankes se bates. Sogenaamde blanke skuld (jammer dat ons julle geleer lees en skryf het en bevry het van malaria) is ‘n gerieflike stok om druk op blankes uit te oefen om van ons eiendom afstand te doen.

Die ANC se ganse bestaansrede kan eintlik in een woord opgesom word: plundery. Die ANC is niks anders as een reuse misdaadfamilie nie, wie se enigste en uitsluitlike doel is om die land se rykdom vir homself toe te eien, op enige denkbare manier. Die skuldgevoelens wat aanhoudend onder veral blanke werfbobbejane aangewakker word, is uit en uit ontwerp om mee te help in die proses van plundery.

Dit is eweneens die geval met Manyi. Manyi skree telkens, soos die snuffelende trogvark wat hy is, oor die gebrek aan etniese reiniging van blankes uit hul poste bekend as reg-stelende-aksie of rassistiese transformasie, maar Manyi se masker het afgeval toe hy ‘n Noorweegse afvaardiging geskok het met sy hebsug. Ja, daardie einste, naïewe, liberale Skandinawiërs wat so pro-ANC was, het uiteindelik agtergekom met watter ondersese kaliber van indiwidue hulle in die ANC te make het. Manyi het nie in die minste belanggestel in aangeleenthede waaroor sy posbeskrywing handel nie, maar het probeer om kontrakte vir hom en sy mede-trogvarke by die Noorweegse afvaardiging te beding. Vergete was Manyi se praatjies oor die imaginêre blanke rassisme. Dit het alles gehandel oor hoe Manyi homself kan verryk. Was ek maar ‘n vlieg teen die muur om my te verkneukel aan hoe die liberales se seepbel geprik was deur Manyi se ware kleure!

As die ANC of kranksinnige linkses soos Stalinbos se professor Sampie Terre’Blanche of ander ANC-werfbobbejane dus op jou gevoel wil speel, meneer en mevrou die blanke, en jou wil maak skuldig voel oor jou vermeende gebrek aan gewilligheid om te versoen, vra die voor-die-hand-liggende vraag. Indien dan nie aan die spreker nie, maar vir jouself: “Wat beteken versoening regtig in praktiese terme?” Ek is bevrees dat die ANC se begrip van versoening veel meer te make het met plundery as met enige houdings wat blankes glo nog sou koester.

2010
05.20

Die vreemde steun vir ET se vermeende moordenaars

Vir die afgelope paar dae word daar berig dat daar heelwat steun buite die hof vir die twee verdagtes in die Eugene Terreblanche-moordverhoor is. Ek moet bieg dat ek as Westerling die konsep van steun vir misdadigers wat ‘n wrede aanval gepleeg het, totaal vreemd vind. Het die Griekse gemeenskap opgeruk na die hof toe Dimitri Tsafendas, wat ‘n ander politieke figuur vermoor het, verhoor is en hom ondersteun? Sou daar groot openbare steun vir Lee Harvey Oswald gewees het?

Ek sal wel toegee dat dit moontlik is dat daar nuuskierigheid by die publiek kan bestaan oor ‘n makabere misdaad, maar volgens berigte is hierdie nie net nuuskierigheid nie, maar openlike steun vir die verdagtes. Dit dui daarop dat die mense wat buite die hof bymekaarkom nie bloot nuuskierig is nie, maar aktief twee vermeende geweldenaars se kant kies.

Ek sou eweneens toegee dat Eugene Terre’Blanche ‘n omstrede en selfs gehate figuur was. My Westerse perspektief sê egter vir my dat ek dit steeds nie sou goedkeur as ‘n blanke vir Jimmy Manyi of Julius Malema met ‘n pyp doodslaan en dan nadoods hul broeke aftrek nie. My persoonlike minagting vir en afkeer aan Manyi en Malema beteken nie dat ek hul moord gevolglik as ‘n heldedaad sou beskou nie.

Bostaande is egter slegs my perspektief as ‘n Westerling, en getuig blykbaar van my gebrek aan verstaan van die Afrikapsige. Die ondersteuners van die twee verdagtes in Ventersdorp is almal Afrikane. Dit lyk vir my asof swart rassesolidariteit álles troef. Dis skynbaar vir die ondersteuners buite die hof aanvaarbaar dat iemand op ‘n wreedaardige manier in sy huis aangeval word terwyl hy slaap, mits hy wit is en sy aanvallers swart. Bostaande is uiteraard ook net nog ‘n nekslag vir die illusie en mite van ‘n sogenaamde reënboognasie.

Wat selfs groter kommer wek, is dat dit vir my voorkom asof ek as Westerling en die Afrikaan die konsep van reg en verkeerd en moraliteit totaal en al verskillend verstaan. Ek sal aan al die ondersteuners buite die hof die voordeel van die twyfel gee en sê dat hulle waarskynlik die doodgewone man op straat verteenwoordig, en nie self misdadigers is nie. Nietemin verskil my ingesteldheid teenoor misdaad en hulle s’n totaal. As jy iemand wat ‘n wrede moord gepleeg het ondersteun, is dit duidelik dat jy nie sy daad as verkeerd beskou nie.

Hoe kan Suid-Afrika se misdaadprobleem ooit in der ewigheid opgelos word as ‘n beduidende deel van die 80% meerderheid in die land klaarblyklik dink dat misdaad aanvaarbaar is, solank die misdadiger swart en sy slagoffer wit?

2010
05.19

Blankes die onskuldige slagoffers van tenderkokery

Ek het ‘n ruk gelede persoon teëgekom wat voorheen as ‘n IT-deskundige by Cipro gewerk het. Cipro is die regeringsliggaam wat met maatskappye en intellektuele eiendom werk. Die persoon is as deel van ‘n orgie van etniese reiniging van blankes uit Cipro ontslaan, saam met ‘n hele aantal ander blanke kundiges.

Wat was hierdie persoon en die persoon se kollegas se “oortredings” wat tot hul ontslag gelei het?

Hulle het twee foute gemaak. Hulle het eerstens vrae gevra oor ‘n hoogs onreëlmatige tender vir miljoene rande wat toegestaan is aan ‘n twyfelagtige maatskappy wat slegs drie maande lank bestaan het toe die tender toegeken is. Miljoene rande se nuttelose sagteware is onder andere aangekoop met my en jou, die belastingmelkkoeie, se geld. Hul tweede fout was uiteraard om blanke velle te gehad het in ‘n Azaniese staatsdepartement. Laasgenoemde sal uiteraard slegs vir kort rukkies geduld kan word as daar regtig ‘n krisis is. Sodra hul kundigheid egter die krisis opgelos het, sal die normale proses van etniese reiniging weer hervat word.

Die hoofinformasiebeampte van Cipro is ene Michael Twum-Darko. Sy van is terloops ‘n skitterende stuk nominatiewe determinisme. Daar is derduisende blanke kundiges in Suid-Afrika, maar hierdie knaap is vanaf iewers in donkerste Afrika ingevoer – Ghana as ek dit nie mis het nie. Bid jou aan: so ‘n obsessie het die Azaniese regime met rassistiese transformasie, dat hulle om die dood nie ‘n blanke sal aanstel nie, en eerder ‘n onbekwame vermeende skelm soos Twum-Darko sou invoer.

Toe die blote blankes in Cipro die vermetelheid het om te begin vrae vra oor Twum-Darko en die hoofbeampte, Keith Sendwe, se manewales en die blatant-bekookte tender, is hulle in die pad gesteek, maar nie voordat hulle van rassisme beskuldig is deur beide Sendwe en Twum-Darko nie. Dit kan slegs in die Azaniese piesangrepubliek met sy haat vir blankes gebeur: ‘n Ghanees, Twum-Darko, word uitgevang, en sy eerste skuif is om die rassekaart te speel, die Suid-Afrikaners van rassisme te beskuldig, en daardie ongerieflike blankes wat sulke moeilike vrae vra, te ontslaan.

Alhoewel daar tans ‘n storm rondom beide Sendwe en Twum-Darko se koppe woed, is ek onder geen illusie dat daar iets van gaan kom nie. Inteendeel; gegewe hoe verrot die kriminele kakistokrasie van die ANC-regime is, sal ek nie verbaas wees as bevorderings vir hierdie twee skuimsuiers wink nie.

2010
05.18

Suid-Afrika se twee miljoen terroriste

Een definisie van terrorisme is die stelselmatige gebruik van vrees om ander partye te dwing om aan jou politieke eise gehoor te gee. In die jare sewentig het die IRL in Noord-Ierland ‘n stelselmatige veldtog van bomplantery, intimidasie en vrees van stapel gestuur om die Britte te probeer dwing om Noord-Ierland met die Republiek van Ierland te herenig.

Terroriste-organisasies is dikwels ‘n minderheid, maar ‘n ekstreme minderheid. Die meerderheid inwoners van Noord-Ierland is Protestante. Die IRL was ‘n Katolieke organisasie, wat die ekstreme faksie van die Katolieke verteenwoordig het. Die eise van die minderheid is dikwels onredelik of in konflik met die belange en wil van die meerderheid. In Noord-Ierland wou die meerderheid Protestante deel van Brittanje bly.

‘n Oogmerk van terreurgroepe is om dit moeilik of onmoontlik te maak vir die owerhede om ‘n land effektief te regeer. Die ANC se openlike doelstelling tydens die 1980’s was om Suid-Afrika onregeerbaar te maak. Anargie en wetteloosheid is terroriste se bondgenote en oogmerk hiermee.

Terrorisme gaan bykans altyd met geweld of dan die dreigement van geweld gepaard. Al-Kaïda dreig om die Sokkerwêreldbeker in Suid-Afrika te ontwrig op ‘n ongespesifiseerde wyse, maar mens kan seker wees dat, sou dié dreigement tot uitvoering kom, dit geweld sou insluit. Dié geweld neem dikwels die vorm van sabotasie aan, waartydens infrastruktuur soos elektriese substasies geteiken word.

Die intimidasie van die burgerlike bevolking loop hand-aan-hand met die geweld. Mkhonto we Sizwe, die sogenaamde militêre vleuel van die ANC (sogenaamd omdat sy “militêre” vernuf beperk was tot laakbare, lafhartige aanvalle op onskuldige burgerlikes) het bondgenote gehad wat vrees en bewing onder die bevolking in die townships gesaai het. Die destydse opperkrimineel, die sogenaamde moeder (-misdadiger) van die nasie, Winnie Mandela, het die berugte uitlating gemaak dat die ANC die land sou bevry met vuurhoutjies en brandende buitebande. Laasgenoemde was uit en uit daarop gemik om die ongesofistikeerdes onder die bevolking die skrik op die lyf te jaag.

Vandag gaan Suid-Afrika steeds gebuk onder ‘n vlaag van terreur, en stap terroriste vryelik tussen ons.
Nee, dis nie sogenaamde regse terroriste nie. Laasgenoemde verteenwoordig na my mening glad nie ‘n realistiese bedreiging vir enige iemand nie, omdat hulle, sou hulle bestaan, meestal klein, relatief gedisorganiseerde groepies is, sonder veel in die lyn van ‘n werkbare strategie en beslis sonder grootskeepse befondsing en steun. Mao Zedong het gesê dat ‘n gewelddadige rewolusie onmoontlik is sonder buitelandse steun, en ek twyfel baie sterk of sogenaamde regse terroriste enige steun vanuit die buiteland sou ontvang.

Suid-Afrika se ware terroriste is baie meer talryk as enige regse terreurgroepe. Hulle is nie net meer talryk nie, maar ook veel beter georganiseerd, beter befonds en baie meer suksesvol met hul saaiery van vrees en geweld. Hulle opereer ook ongestoord en openlik in Suid-Afirka. Mens noem hulle die vakbonde, spesifiek dié wat deel is van die Cosatu-vakbondfederasie.

Cosatu se vakbonde voldoen aan bykans al die kenmerke van ‘n terreurorganisasie soos Al-Kaïda, behalwe vir een verskil: Cosatu is nie ‘n onwettige organisasie in Suid-Afrika nie. Redes waarom Cosatu uit en uit ‘n terreur-organisasie is, sluit in:

• Alhoewel Cosatu se vakbonde twee miljoen lede het, is hulle ‘n minderheid vergeleke met die totale aantal werknemers in Suid-Afrika, en veral vergeleke met die tiene miljoene werkloses. Hulle verteenwoordig dus ‘n klein persentasie van die bevolking. Hul eise is dikwels absurd en slegs in belang van hulself.

• Bykans alle stakings waarby Cosatu se vakbonde betrokke is, ontaard in geweld. Enkele jare gelede is mense na hul dood uit bewegende treine gesmyt. Plundery en vandalisme is algemeen tydens stakings waarby byvoorbeeld munisipale werkers betrokke is.

• Mkhonto we Sizwe het infrastruktuur gesaboteur. Tydens die huidige SATAWU-staking is ‘n trein doelbewus ontspoor, vermoedelik deur stakende werkers. Dit is niks anders as blatante sabotasie deur ‘n terreurgroep nie.

• Dit is ‘n welbekende feit dat werkers wat nie wil deelneem aan ‘n staking nie, geterroriseer en geïntimideer word deur dié wat wel staak. Dit is veral in die taxibedryf dat sulke intimidasie dikwels dodelik kan wees.

• Nes die terroriste van die UDM en ANC ten doel gehad het om die land onregeerbaar te maak, is die oogmerk van die stakers dikwels om soveel anargie en chaos as moontlik te saai. SATAWU se doel is om die land se vervoerstelsel tot stilstand te bring.

Nietemin word Cosatu onverhinderd toegelaat om sy terreur te saai. Daar is verskeie redes hiervoor, benewens die feit dat Cosatu deel is van die regerende kabaal misdadigers. Een is dat die ANC, soos Margaret Thatcher hulle baie akkuraat beskryf het, steeds self ‘n terreurorganisasie is, en derhalwe beskou die ANC Cosatu se optrede stellig as aanvaarbaar of normaal. Tweedens is dit ‘n feit dat, selfs al wou die ANC Cosatu se terreur in die bek ruk, die veiligheidsmagte so hopeloos en op rassistiese wyse getransformeer is, dat hulle eenvoudig nie so kan maak nie.

Baie mense is op hol oor die sogenaamde bedreiging van imaginêre regse of blanke terreurgroepe, terwyl die terreur wat baie van die twee miljoen lede van Cosatu se vakbonde daagliks saai, elke aand op die TV-nuus gebeeldsend word.